Jongste aktiwiteit:

Klim van die skinkbord af

Klim van die skinkbord af …

 

By ouma se huis was ons altyd bederf met ’n koffie of tee, met ’n ietsie tuisgebak.

 

Al was die skinkbord al so gelap en geplak, was dit haar gunsteling, want oupa het dit met liefde gedoen.

 

Klein seuntjievingertjies vuil, soek nog ’n koeksister voor ons weer gaan swem in die kuil.

 

Ouma keer: Was eers daardie hande voor jy iets mag kry.

 

Jare vlieg verby, dieselfde skinkbord, nuwe koffie en weer iets soets. Vra ek vir oupa: Hoe moet ek maak om ’n vrou soos ouma te kon kry?

 

My liewe kind, kyk vir ’n vrou wat die skinkbord met liefde vol kan pak, maar bly weg van dié wat hulself op die skinkbord van die lewe neer sou plak.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed