Anderkant die son
Anderkant die son
Afrika se son kom maak huis in die mens se hart.
Klippe swart gebrand, hittegolwe tref die land.
Anderkant die son lê die see van sneeu. Altyd koud en klam, geen son om te ontspan.
Hulle soek son daar in verreland, en hier smeek ons soms vir ’n bietjie koelte as die son so brand.
Tog, as jou hart Afrika pomp en die riviere van see, son en sand deur jou are vloei, weet jy, jy bly aan die regte kant van die son.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.