droom
as die sang van voëls,
die stil van oggende vul
en die maan haastig
sy pad vind, verdwyn…
gryp my hande luglangs
na die vorm van jou lyf,
in my droom, maar ook,
in die sag van onthou…
trek ek jou nader
tot teen die smag,
diep in die gange
van gister…en môre…
fluister my geheue,
sag in jou oor,
soos jy luister,
vandag…en nou
@Anton Kilian
3 Kommentare
-
neels
pragtig geskrywe Anton
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
mens voel 'n baie diep verlange aan in hierdie gedig, Anton. Goed gedoen :-)