Klipper’woestyn
Daar is sonskyn
in jou glimlag
maar stormweer
in jou hart
Versigtig voet vir voetjie
loop ek oor jou woestyn
se dorre spore
in die warm sand
En oud verroes
in gister se tas
versplinter eensaam
en verkletter in geen saam
Verbrokkel
verkletter
versplinter
mistroostig in die skemering
en wag in afwagting
vir die opkoms van jou son
8 Kommentare
-
-

Kiekies
Briljant gedoen!!
-

Amaspoke
Mooi geskrywe, ek wag saam.
-

neels
Ek is mal hieroor Palet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis baie mooi Palet