Jongste aktiwiteit:

#Nataliamaythemusicbewithyou

en jy wens jy was ‘n punkrocker
met blomme in jou hare
‘n hippy met ‘n lang romp aan
uit die sestiger jare
maar ek wens jou meer
as net nog een in die skare
ek wens vir jou ‘n punkrock song
en vlegsels in jou hare

*

ek wens die eenvoud van ‘n solo
en akoestiese kitare
ek wens BASTILLE wat Pompeii
in The British Museum
‘n tong wat Hallelujah
en ‘n Glaskas wat kasteel
en perfekte imperfeksies
die stukkend wens ek heel

ek wens jou vingers op die klawers
van jou eie klaviere
in sale vol van sonlig
met wit gekalkte mure
en vloere van geelhout,
en ek wens ‘n laaste wals
wat nimmer ooit sal eindig
ja, ek wens jou dit als

*

ek wens vir jou ‘n punkrock song
uit die sestiger jare
ek wens vir jou ‘n hippy romp
en kaalvoet op die aarde
en ek wens ‘n tyd
van uitstyg bo die skare

maar ek hoop jy bly ‘n punkrock girl
met blomme in jou hare

C. Shaw
2 September 2014

*Die tweede strofe verwys na verskeie sanggroepe en liedjies waarvan Natalia baie hou.




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed