ouderdom – sensasie
elke dag begin en eindig met daardie pille
wat soos altyd in die plastiekbakkie rammel —
my eie klein, irriterende mars musiek
soms hoes ek dat die vensters skud,
my knieë kraak teen die trappe op
nog voor my voete eers die vloer tref
wanneer ek in die spieël kyk, kyk ek liewer weg
’n grap wat met koffie en beskuit aanmekaar gehou word
maar dan kyk ek by die venster uit:
die son breek in pure goud
dwarsdeur die mis oor die see,
helder strook lig wat oor die water glip
skielik is die dronkheid in my kop dadelik minder
verre berge styg blou en vaal oor afstand op
amper soos ou vriende wat die lewe oppas
terwyl koel en helder waterstrome
in donker klowe baljaar en lewe bring
skoon, bergwater wat oor die klippe spoel
so staan ek maar hier met die ou lyf
helfte van die apteek op bene
my oë kan nog nie ophou kyk nie
om oud te wees skielik verspot gering
nietigheid teen die seën van nog ’n dag
ek sluk die laaste nare kapsules af
met ’n slukkie water en kyk na die see
dit bly niks anders as genade van Bo
nog met trane wat vloei oor my wang
kan ek nie anders as om te glimlag nie
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.