Jongste aktiwiteit:

Terwyl die engele sing

Terwyl die engele sing…

 

Heilig, heilig, heilig, sing die engelekoor, terwyl Hy op die troon sit.

 

Donker aarde draai om ons, die mens verdrink in hul eie gemors.

 

Soekend in gebed soek ek my Heer. Vader, U is steeds in beheer.

 

Al sou die wêreld val, sal jy, My kind, altyd staan.

 

Elke dag kyk Ek met liefde na jou, Ek sien jou liggie straal.

 

In My arms wil Ek jou graag vashou, jou saam met die engele laat sing.

 

Tog, vir nou geniet Ek die tyd alleen saam met jou, al is dit net vir nou.

 

My liefde sal vir altyd wees, hier en nou, altyd vir jou.

 

Sou jy tussen die engele kom sing, sal Ek jou stem onthou en weet: jy is Myne.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed