Jongste aktiwiteit:

Bitter beker

Bitter beker

Laat dié beker my verby
drink tot die droesem
galbitter drip
brand jou siel oop
brandpaaie keer
oes is verniel
brandstoppels staat geil
letsels pronk as trofee
honend die lag van heidene
verwaande sarkasme koggel
treurwilgers vee oor hopies grond
knielend laag gebuig
smekend om genade
malende hoekoms
swaarkry immuun teen staak
vrae eskaleer
antwoorde swyg
groenspriete blink in son
verby doodse swart
snel die pas van lewe
asems blaas in nekke
genadeloos tik-tak wysers
watter stem word gehoor
geknakte riete
gebreekte kleipotte
Argitek hou dna-model
spoeg in Sy Hand
neem die modderklei
wonder bo wonder
uit Sy Hand
geduld geduld geduld
My tyd
nie joune
wagtend op môre
uitgestrekte hande nooi
my juk is sag
my las is lig
drink vanuit Lewende Waters
eet Heilige Brood
voed liggaam en siel
my genade is genoeg
my krag begin werk
as jy leeg getap is…
vertrou My!

©Berna
21.04.2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed