Net voor jy jou belofte maak
Net voor jy jou belofte maak…
Hierdie lewe het al met my ver gestap, tot daar waar ek jou toe vind.
Jy het self al geval en opgestaan, jou hart deur ander laat gaan.
Saam met jou wil ek verder loop, jy kies riviere, ek kies berge. Saam sal ons die roete maak.
Trek nou uit jou tekkies, ons het klaar gehardloop. Van hier af vorentoe durf ons kaalvoet die dorings aan.
Voor jy finaal jou belofte maak, weet my hart is klein maar my liefde groot.
Ek is nie perfek nie, maar probeer elke dag om beter te wees. Solank jy weet, saam sal ons God ook vrees, in sy hande bly sodat Hy ons lei.
Sou jy vandag sê ja, is daar geen omdraai-kans nie, want saam met jou wil ek die lewe loop tot die dag wat alle asem uit ons sou blaas.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.