
Om tyd vas te maak (Silwer)
kon ek tog net tyd vasmaak
sonder om te sien hoe ons lewens
vergaan in ons koerslose bestaan
hoe ons generasie verouder
en die ken van nou vervreem –
blind soek, foto vergeel
ons jeug deur tyd gesteel
kon ek tog net tyd vasmaak
sodat ons vir altyd kon lag en dans
sonder die vergeet die altyd groet
kon ek tog net tyd vasmaak
om die bekend te houvas
© Cornien Naudé
2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek