Jongste aktiwiteit:

pas

 

die ou voete stap stram

buig en verbuig deur jare

van gewig dra oor ruwe

soms bergagtige pad

 

die ou voete pas aan

by leerskoene en stewels

gevorm deur tyd en ewigheid

gedril in patrone en dissipliene

 

die ou voete stap nog

oor strande vol skerp skulpe

wat voetsole sny en verguis

in branders wat druis

 

die ou voete weet goed

wat bo jou is moet jy dra

wat onder jou is verdrae

wat voor jou is groet

 

Ó Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed