Jongste aktiwiteit:

In die Dwelmdraak se kake (Goud)

Hoe lank kan jy dit nog verduur
voor jy die stryd verloor
en oor die afgrond stuur?

Met die Dwelmdraak wat jou siel ontsier
wyl waanbeelde jou bekoor.
Hoe lank kan jy dit nog verduur?

Ons krete eggo teen ‘n newelmuur
waaragter sý jou verstand versmoor
en oor die afgrond stuur

ons harte brand, jy speel met vuur
wyl giftande deur jou waardes boor.
Hoe lank kan jy dit nog verduur?

Huigelary en fopplesier
sal jou wese swart vergoor
en oor die afgrond stuur?

Die euforie is maar van korte duur
en wreed – word jy stadigaan vermoor.
Hoe lank kan jy dit nog verduur
voor sy jou oor die afgrond stuur?

©Loretta Szikra

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed