
versugting
uit die perikoop
van ondermaanse bestaan
vloei daar soveel bloeiers
dat dit druk en verloop
bo-oor enige hoop
selfs die oggendson
se strale skyn nie deur die mis
van nagmerries se boos
laat jou troosteloos
en weerloos
weergalose mooi
van die skepping seë
verlig aanhoudende druk
van ondermaanse
donker danse
blink weerligstrale
kartetsende bomhale
bars om sy donker soeke
na uitkoms uit die helse uur
van vergewe en vergeet
uit die kitsoplossings
van verdowende medisyne
verskyn daar reēnboog kleure
wat realiteit tydelik verdof
uitkoms kners en ontplof
is daar geen einde
in duister tonnel van nag
waar drome – lewen verag
geen efeumistiese verkragting
van die bekende pyn
Ó Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek