
Augustus 2024 – SKULDLAS projek
Beste INKers
Die “verfrissende” winter steek steeds sy tentakels uit, maar ek vertrou dat die deelname aan die projekte ‘n warmte bring in ons Afrikaanse siele.
Hierdie maand ondersoek ons die onderwerp: “Skuldlas”.
Dit is nie noodwendig finansieel nie, maar kan enige vorm van skuld aanneem. Soms voel ons skuldig oor kanse wat verbeur is, take wat nie afgehandel is nie, of bloot net omdat die geleenthede om lief te hê nie beantwoord is nie. Gebruik die tema en behandel jou interpretasie daarvan in welke genre ookal.
Ek maak geen verdere reëls nie, en vertrou dat die tema genoegsaam is om jul skitterwerk te inspireer.
Ek wil wel meld; September gaan ‘n oop tema wees, maar in Oktober gaan die opdrag baie streng genre-spesifiek wees aangesien ons lanklaas rigied deelgeneem het.
Ek vertrou die onderwerp sal juwele lewer.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.
Groete
Projekbestuurder.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.