Jongste aktiwiteit:

Ter voorbereiding vir my NaNoWrimo-boek (deel 1)

Sommer net ‘n stukkie storie ter voorbereiding van my NaNoWriMo-boek Papier en porselein.

xxx

“Jy behoort te weet hierdie deel van die dorp is nie veilig nie,” sê die man. Sy asem ruik na goedkoop drank, sy rotagtige oë rooi. Hy stamp die swart keilhoed van Misha se kop af en lag toe hy die man se gesig tussen sy vingers vasklem. “Moenie dink jy gaan wegkom nie.” Die rot-oë-man kyk Misha op en af. Hy neem die goed gesnede klere, die goue ring, die fyn porselein masker in. “Gee vir ons jou besittings en jou lewe sal gespaar word. So nie, kry ons dit van jou dooie liggaam. Dit is jou keuse.”
Misha trek bewend die goue ring van sy vinger.
“Vat dit,” sê hy. Sy stem hak-hak in sy keel. “Vat my geld ook. Los net my masker,” smeek hy.
“Druk hom vas,” sê die rot-oë-man aan sy twee handlangers. “Dáái masker is baie meer as hierdie ou goue ringetjie werd.” Hy smyt die goud op die stene neer, reik uit na die Misha en pluk die papierdun masker van sy gesig. Misha gil, sy hande oor sy gesig.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed