Die wind waai die swart rok teen haar bene vas.
Trane stroom uit haar oë, val vêr en spat op die graf.
Die hart in haar lyf is gekwes, gekneus;
’n Weduwee is nie wat sy beplan het om te wees.
Ek is maar net
'n kaalvoetkind
van Namakwaland,
verslaaf aan
die reuk van
ink op papier
en honger vir
woorde wat
siele versadig,
of dit nou
uit my pen kom
of joune.