Jongste aktiwiteit:

rou (Goud)

soms nestel rousmart só diep

dat dit selfs met oogtoemaaktyd

nie gaan rus in wondersoete slaap nie

maar sluim’rend agter toe ooglede gaan lê

teen opstaan lê die vensters na die siel

wawyd oop en onbewaak

dán nestel rousmart weer gelate

want heelword is nie nóú ‘n opsie nie

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed