Jongste aktiwiteit:

Om te ‘Delete’

Om te ’Delete’

Vir die potlood is
daar ‘n uitveër wat
foute uitwis of regstel—
Op die internet word ongewenste
data eenvoudig ‘delete’ of
uitgevee van die skerm af—
Vir die huis is daar ‘n moderne
stofsuier en outydse besem
om al die vullis te vewyder, so
waarom is daar dan niks wat die
ongewenste geestelike trauma se
littekens van verlies, mislukking,
haat en nyd wat jou geheue besoedel
soos inkspatsels, en vuil olievlekke,
silwerskoon te verwyder nie?
Maar die brein is geprogrammeer
met ‘n geheue wat ongesif alles
opslurp en onoordeelkundig bewaar
tot lewensverryking of vergelding,
die keuse is jou prerogatief—

Janetta – Helena [Babs]©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed