Jongste aktiwiteit:

As ek jou gedagtes kon kruis

as ek vir ʼn oomblik

jou gedagtes kon kruis

was my lewe die moeite werd

 

as ek vir ʼn oomblik

jou voetspore kon vul

was genade my gegun

 

as ek jou hart kon voel

en son kon laat blom

en ons asems gee vir die mooi

 

ja, as ek ons flenters kon lap

sonder dat lewe daaraan tap

is dit kosbaar…

so kosbaar sonder vrae

 

as ek vir ʼn oomblik

jou voetloop kon loop

 

© Cornien Naudé

2024




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed