Pêrels van Trane
Interteks van Vollenweider “My cup runneth over”
Pêrels
‘n Boepenskoppie oorlopens vol
vreugde, blydskap, geluk of liefde
open die vensters van my hart
laat pêrelspoortjies oor my wange loop:
“Rain in the cup of my life
Drops of rain in the cup of my life”.
‘n Weemoedswind wat hartseer waai
as lewe sy verkeerde kant na my toe draai
en ek in winterwind verlatenheid
my kamma-bravade kwyt
watervalle laat ontspring:
“Rain in the cup of my life
Drops of rain in the cup of my life”
As ek van kwaadwees wil ontplof
woede verwoestend brand
oor onreg, misverstande of simpel goed
tas ek rond na woordswaarde
om selfgeldend doodsteke te gee
maar dan begin my ogies in trane verdrink
“Rain in the cup of my life
Drops of rain in the cup of my life”
My hart, emosies en lewe
alles wat ek is en wie ek is
is inmekaargestrengel en vasgegom
met ragfyn spinnerakdrade
wat pêrels drup waar ek gaan:
“Rain in the cup of my life
Drops of rain in the cup of my life”
* Interteks van Vollenweider “My cup runneth over”
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek