Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kintsugi lewenskruik

Deur Elna
Datum gepubliseer: 19 November 2021 Aantal woorde: 130 52 Kere gelees 2

God is die pottebakker
ek is die klei, met sorg voorberei
met sagte hande word ek gevorm
met slymskerp voorwerp afgerond,
geskape na Sy beeltenis,
om my lewe aan Hom te wy.

Maar my lewenskruik se klei
in ‘n wêreld van onstuimigheid vasgevang
word deur lewenswinde verweer
en krake vorm, dreig om te verbrokkel
sodat my lewensolie wegsypel en verdwyn.

In Sy agape-liefde vir my
stuur Hy engele om my te herstel-
eros-liefde van ‘n man wat verstaan
sorge-liefde van kinders
wat my hoop vir more gee,
en vriende en familie
wat in phile-liefde my toevou
en die pyn en krakies laat verdwyn.

So word my lewenskruik
telkens heelgemaak
die krake met goud versier
herstel met wondergom van liefde
en gevul met lewensolie-
genade wat van God af kom.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 26
Kommentaar telling: 0

Fisioterapeut, lief vir skryf

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 355 gaste aanlyn

Bydraes – Argief