Advertensies
in lang kaal gange
die toilet tekens
binne al die weelde,
as ń primêre pleidooi
teen die blink kante
hang mode plakkate
voor daaglikse handelsware,
as ń weelde pleidooi
in die middel
hurk straatsmouse
met kraletjie gediertetjies,
as ń armoede pleidooi
in die winkels
dans model poppies
op die mate van verkope,
as ń verdienste pleidooi
in my doof
duisende kersligies
oor die vele pleidooie,
almal is net advertensies
© Koos Elsum
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.