Beroof
ń senuwee stelsel
met elektroniese binnegoed
verbind met ń bietjie draad
rus op voorsitplek
denke is netjies verpak
lewe momente flitse
glasskyf* vasgevang
silwer kristalle reën
oor plastiek,
geheue word uitgepluk
glasskyf skoongewas
herhinnering stoor
in nano sekondes
omskep vir kos
bitter tong
vervloek die hand
wat geheues higenies
in glaskristalle laat verdamp
dan verkwansel vir middag dop
die versteurde verlede nou verlore
in ń grys niemandsland
*glasskyf is die hoof medium waarop data geberg word in elektroniese toerusting bv. rekenaars
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.