Jongste aktiwiteit:

Deur my herinneringe

Jou stem is stil
jy het weg gegaan sonder om te groet –
geen laaste drukkie of ‘n laaste glimlag
jy is net weg …

ek dink baie aan jou
as ek stilte soek in die donker nag
tussen my gedagtes en die klop van my hart
as ek lank genoeg soek
vind ek jou tussen al my herinneringe
daar is baie wat ek wil vergeet
maar ek wil jou vir altyd onthou:
jy het my baie keer gered toe ek besig was om te verdrink
jy het gehelp dat ek my kop bo water hou …

Al het jou stem stil geword
kan ek nog steeds hoor hoe jy praat deur my herinneringe …

MC Marx (C)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed