As jy verstaan wat ek bedoel
Ek gaan besoek eenkeer ‘n ou oom ná hy uit die hospitaal gekom het, waar hy ‘n groot operasie ondergaan het. En ek vra vir hom: “Hoe gaan dit, oom Peet?” Hy sê vir my: “Man, dit gaan goed. Ek is baie dankbaar, want dit was ‘n groot operasie en dit kon baie maklik anders afgeloop het, as jy verstaan wat ek bedoel.” Ek sê: “ja, oom Peet.”
Hy sê: “Maar man, een ding het ek nou van ‘n hospitaal geleer, en dis lat dit ‘n plek van baie groot uiterstes is darie – as jy verstaan wat ek bedoel.” Ek sê: “Hoe dan so, oom Peet?” Hy sê: “Man, wat nou dáár lekker is, is báie lekker en wat daar sleg is, is baie sleg – as jy verstaan wat ek bedoel.”
Ek sê: “Nee, so het ek dit nou nog nooit agtergekom in ‘n hospital nie. As ‘n mens eers gesond begin word, is dit seker lekker, maar as die ellende vir jou nog teen die grond het, is dit natuurlik onsmaaklik.”Hy sê: “Man, nee, ek praat nie daarvan nie; jy gaan mos nie hospitaal toe as dit met jou goed gaan nie. As jy suintoe gaan, gaan dit mos al klaar met jou sleg. En dan’s jy bly jy kan daar inkom, want jy hoop hulle kan vir jou help. As jy verstaan wat ek bedoel.
“Maar as jy daar kom, hulle-se werklikheid met jou-sam, dis ‘n onlekker besigheid, as jy verstaan wat ek bedoel. En sommer allerhanne anner goed ok waar ‘n mens nie van hou nie. ‘“As jy verstaan wat ek bedoel.” Ek bly toe stil, want ek sien die ou het ‘n groot klomp wedervaringe op die hart en die lekkerste manier van gesels sal vir hom wees om alleen te praat.
En hy vertel: ”Want man, toe ek die môre daar by die hospitaal aankom, toe’t ek vannie vorige aand af nog nie nat of dro oor my lippe nie – volgens die dokter se orders. En toe”t ek al so lus vir ‘n bietjie koffie lat dit my smaak ofek virrie nursies daar moet sê: ‘Bring vir my koffie en laat opereer vir my eers môre of oormôre.” Want toe sluk ek darem dróëslukke, as jy verstaan wat ek bedoel. En ek moet nog só sit tot die middag voor die dokter my onner die mes steek, as jy verstaan wat ek bedoel.
Maar man, daar sit ek toe in darie hospitaalkamer soos my vinger alleen. En darie eensaamheid voor so ‘n operasie is mos darem ‘n vreeslike eensaamheid, as jy verstaan wat ek bedoel. Maar daar kom toe later ‘n ou nursie of ‘n ou sustertjie in – ‘n vreeslike ou liewe mensie, as jy verstaan wat ek bedoel.
En sy sê vir my: “Nou moet Oom vir Oom uittrek lat ons vir Oom kan skjeer.” Maar man, dit smaak vir my sy slaan vir my met die stomheidself, want ek het in my leefdag nog nie vir my voor ‘n anner vrou uitgetrek nie, as jy verstaan wat ek bedoel. Ek het gedag die dokters skjeer vir ‘n mens as jy eers weg is, as jy verstaan wat ek bedoel.
En sy gjee vir my so ‘n wit affêre om aan te trek, en sy wys ook vir my hoe’t ek vir hom moet aantrek – ‘n ding wat omtrent aan ‘n mens sit soos ‘n manel wat jy omkeer aangetrek het. As jy verstaan wat ek bedoel. Of soos ‘n lykkleed, as jy verstaan wat ek bedoel.Maar sy moes gesien het dit gaat vir my bitter wees as sý vir my moes skjeer, as jy verstaan wat ek bedoel. Want ná ‘n ruk toe kom daar ‘n man in en hy sê vir my ek moet darie wit ding uittrek, want hy kom om my te skjeer. En hy gôi so ‘n plestiek afłêre orie kooi, lat dit vir my smaak hy dink ek is ‘n babietjie – as jy verstaan wat ek bedoel. En hy sak met ‘n skjeermes daar op my toe. En ‘n skjeermes is ‘n lelike ding, man. As jy verstaan wat ek bedoel.
Maar man, hy skjeer vir my daar; ek kan vir jou sê dis die naaste aan slagvark haar-af krap wat ek van my geboorte af nog aan my eie lyf beleef het. Al verskil is lat hy my nie eers geskjiet of met ‘n hamer doodgeslaan het nie, en ook nie daarna vir my vol kookwater gegôi het lat ek kon maklik haar-af gaan nie. Dit was ‘n droë skjeer, man, as jy verstaan wat ek bedoel- nie eers ‘n ou sepie nie. Maar ek knyp maar oë toe en ek dink: Doller as kop-afkan dit nie. As jy verstaan wat ek bedoel. Ek is nou daar in en ek moet daar deur. En hy skjeer vir my van my kjieliebakke af tot by my knieë, man, as jy verstaan wat ek bedoel, róndom. En ek lyk aardig en ek voel ok aardig, as jy verstaan wat ek bedoel.
En ek sê vir hom: “My liewe man, hier moet ‘n fout wees. Skjeerjy nie nou vir my vir ‘n anner mens se operasie nie?” As jy verstaan wat ek bedoel. Hy sê vir my: “Nee, Oom, ‘n dokter is ‘n kwaai vuiles; hy wil nie sié-dít op ‘n pasiënt se lyf sien nie, nie ‘n énkele haar nie en nie ‘n vuil strepie soos die swart onner my vingernael nie. Want dan”s hy daadlik bitter kwaad as hy hier sny en hy sien dóér ‘n haar staan.”
Ek sê toe vir hom: “Nee, man, skjeer dan tog maar liewer lat hy tog net nie aanstoot vat en kwaad is as hy vir my daar onnerhande het nie.” As jy verstaan wat ek bedoel. En so het die kjêrel dan nou vir my klaar geskjeer – bo-orie vel en pirty ente onnerie vel laans, soos wat jy ‘n mofskaap skjeer, as jy verstaan wat ek bedoel.
Maar ek is uiteindelik daar deur en daar lê ek toe, liederlik in alle opsigte. As jy verstaan wat ek bedoel. En later toe kom daar ‘n ou nursie in, en sy sê vir my: “Oom, nou gaat ek vir Oom ‘n inspuiting gjee, wat vir Oom so dapper gaan maak lat dit vir Oom smaak Oom kan ‘n leeu kaalhand loop pak.” En ek sê: “Maar waarom kom gjee jy nóú eers dié inspuiting? Jy moet die ding gjee voor hulle vir ‘n mens skjeer. Want innie dokter het ek vertroue; ek weet mos hy weet wat hy doen. Maar hierie skjeerdery is darem nie lekker nie, as jy verstaan wat ek bedoel.” Sy sê: “Nee wat, Oom is nou daar deur.” En sy spuit my.
Maar man, dit kan ek jou nou sê, van darie spuit het ek later gevoel of die dokter vir my daar innie kamer op die bed kan kom opereer, en sommer so gesels-gesels met die affêre klaarmaak, as jy verstaan wat ek bedoel. En ek is toe deur die operasie ok en dit het goed afgeloop en ek het begint regkom. Maar man, was darie mense nou vir my goed gewees – baie goed, diérbaar goed.
Want jong, hulle stel belang in ‘n mens, en hulle hjelp virjou met liefde, as jy verstaan wat ek bedoel. Jy kan net die klok lui, dan hol daar een in en sy kom vra vir jou sorgsaam wat jy wil hê, as jy verstaan wat ek bedoel. Nee man, dárie mense was nou vir my so goed – tot die ou kleinste nursie, as jy verstaan wat ek bedoel – lat dit vir my gesmaak het ek moet vir haar sê “moedertjie” as jy verstaan wat ek bedoel. En dit was vir my later so lekker – tot lat as hulle aan my vat ok, man. Vreeslik lekker, as jy verstaan wat ek bedoel.
En die dag toe ek daar uitgaan, toe loop ek na die ou hoofsuster toe; toe sê ek vir haar: “Suster, vandag gaan ek darem met ‘n swáár hart hier weg van julle af, want ek het vir elkeen hier baie lief geword.” Sy sê: “Maar dis darem goed, Oom, om dít te hoor.” Ek sê: “Ja,julle was vir my baie goed. En dit was vir my lekker hier gewees.” Ek sê: “En as ek nou vandag ‘n wens kon wens, dan sou dit darem ‘n besonnere wens gewees het,” as jy verstaan wat ek bedoel. Sy sê: “Oom, nou wat sou dít nou wees? Oom sal seker wens dit gaan met ons goed hiersó.” Ek sê vir haar: “Neeee, Suster, ek sou ‘n héél anner wens gewens het; ek sou gewens het ek moet vyftag blinnederms hê, as jy verstaan wat ek bedoel, en dan lat haal ek hulle so na vervolgens uit lat ek kort-kort trug is hier by julle. Net as ek op die been is, dan kom ek vir een en as ek weer op die been is, kom ek vir een van die anner. Want hulle sê mos so ‘n blinnederm-operasie is nie ‘n groot affêre nie.” As jy verstaan wat ek bedoel.
Ek sê: “Ja oom Peet dit sou darem nie ‘n té groot straf wees om te kon kom waar dit vir ‘n mens lekker is nie.” Hy sê: Dis nou nes jy sê; die lekkerte sou groter wees as die straf. Maar man, raai, al was dit ok hóé lekker gewees, was daar darem één ding waaraan ek nie gewoond kon raak nie, en wat nie vir my lekker wou word nie. En dis die wassery in die môre. Want in die môre vroe, man, dan hoor werskaf jy nurse daar rond en dan kom daar `n ou nursie in met ‘n skottel water en ‘n lap of ‘n spons. En hulle was nie net jou gesig nie, jong, as jy verstaan wat ek bedoel. Hulle was jou héél – van bo tot onner. As jy verstaan wat ek bedoel.
En dít kan ek vir jou sê, dis nie lekker as jy die dag nie meer baas is oor jou kaart en transport nie. As jy verstaan wat ek bedoel. Dan voel jy darem bankrot, man, as jy verstaan wat ek bedoel.