Jongste aktiwiteit:

Die eerste aand in my nuwe huis by Nyati
vir

Die eerste aand in my nuwe huis by Nyati

Die pad na Nyati was amper klaar en die masjiene het gedreun en op en af gehardloop om so gou as moontlik klaar te kom voor die eerste werklike somer reens sou val. Dit was n dolle gejaag teen tyd en ek het geweet dat as dit eers begin reen dit elke middag sou reen en die mense wat gebou het was gewoond om in die toestande te werk. Bykans elke weermag basis was deur hulle gebou en ook so ontwerp dat dit weer eendag weggeneem kon word met minimum steurnis vir die natuur. Die fondamente van elke gebou was eerste gegooi en dan kom die struktuur wat klaar gemaak was net bo-op met die water en elektriese werk en die verf wat dit dan sou afrond. As dit klaar was het n span die binne werke kom doen, ingeboude kaste en wasbakke en baddens en storte. Ek kon byna nie glo hoe vinnig so n basis opesit kon word nie. Dit was tien dae sedert ek laas daar was en die vooruitgang was weer iets om te aanskou.

Die storie met Luka wat so bang was vir my het my baie gepla en ek het dit met almal wat ek kon vertrou bespreek, ek was dalk te militer ingestel en het besluit om liewer af te skaal sonder om dit vir die wereld te wys. Dit was naby die einde van die jaar en elke jaar het maar sy eie probleme gehad en die een was nie minder as die vorige een nie. Die buurman wat sy maat verloor het met die olifant het opgedaag met die tande en sy klient was ook by. Ek het besluit om die mense gul en hartlik te ontvang en het weer gesimpatiseer met hulle jagter se dood. Ons het selfs die middag op die boot gegaan en dit baie geniet en miskien moes ek meer van my kant gedoen het om goeie bure te kon wees. Hulle het die aand by my geslaap en die Brit was baie beindruk met ons manier van dinge doen en die basis wat so gevorderd was. Hy wou n jag bespreek maar ek het geweet dat Selby nooit Britte sou toelaat nie en gese dat hy dit met hom moes bespreek. Hy kon ook maar n bietjie in die warm stoel sit en nie alles op my afskuif nie.

Die bouers het my laat kom na Nyati toe om weer iets te bespreek en ek het besluit om vir Luka saam te neem. Ons sou n aand oorslaap en dit sou net ek en hy wees. Hy was aanvanklik baie gespanne voor in die bakkie en ek het hom probeer so kalm as moontlik kry en oor die nuwe plek gesels en wat ons daar sou doen. Omdat die pad baie ver gevorderd was en ons baie vinniger kon ry en was ons vroeg die more al daar. Ek het eintlik nog baie min met Luka gepraat en hy was maar n stillerige tipe mens. In my eenvoud het ek besluit om alles wat ek sou bespreek hom deel van te maak en sy raad oor alles te vra en hom probeer in n tipe van raadgewende posisie te plaas. Baie goed sou ek my mee dom hou en sy insette vra. Hy moes selfvertroue kry en sy tong moes losser kom, hy sou met almal lekker gesels en as ek by kom sou hy die minimum praat. Dit moes my skuld wees en ek wou dit regmaak.

Die basis was byna n hektaar groter as wat aanvanklik beplan was om die bome nie te bekadig met die heining nie. Voor ons by die huis weg is het ons eers gaan sit in die kroeg met Katwindi en die hele basis bespreek. Die hele plek sou in vier sones opgedeel wees.Daar sou my gedeelte wees wat in die hoek soos jy die baisis binne kom net links gedraai het en my ses huise was daar. Daar was een vir my en twee vir my jagters waarvan Katwindi een was. Dan was daar drie huise vir my gaste en kliente wat ek sou moes ontvang met in die middel n sentrale kombuis-kroeg-ontspannings area net langs die swambad. My trofee store en slag plekke sou ook daar wees. Ons het dit sone no 1 genoem want dit was weg van die ander af en het ander behoeftes gehad. Dan in die verste suidwestelike hoek was daar die slaapplekke vir die boesmans wat migreer het. Dit was afgekamp en het tien groot netjiese nagemaakte strooi hutte gehad en toilets wat n put tipe was met water aangele vir was en drink. Dit was baie privaat en weg van alles af. Dit was sone no 2. Die noordelike gedeelte was die Katolieke gedeelte met hulle huise en kliniek en skool kamers met n tuin van bietjie groter as n hektaar. Dit was geskenk deur die Katolieke kerk en was ook hulle eiendom. Hulle het ook n klein trekkertjie gehad en sou mense van Makuku kry om van die plaaslike mense op te lei en te leer om te plant en te saai en die water wat so baie was te benut en in voedsel om te skakel. Daar is ook sproeier pype aangele en hulle sou dit met groot sukses bedryf en opleiding gee aan kinders en die bevolking. Dit was sone no 3.

Die grootste gedeelte van die basis sou die staat se plek wees waar natuurbewaring en gaste plekke was en hulle administrsie geboue sou ook daar wees. Dit was redelik sentraal teen die noordwestelike heining en dit was vir my te groot, soos die opheffing egter gevorder het sou dit blyk net genoeg te wees. Studente sou ook daar kom bly met tye en navorsing doen en die bevolkings administrasie sou van daar gedoen word. Dit was die vierde sone en het ook die slaap plekke van mense wat binne die basis sou moes woon ingesluit. Omdat Kabous meer huise by die asgat gedeelte laat bou het, kon my boesmans ook daar gaan woon. Ons het besluit om by die asgat gedeelte die boesmans se woonplek te maak. Daar moes nog drie huise gebou word wat aanvanklik binne die basis sou gewees het. Hulle het dit so verkies en wou nie binne ons basis wees nie.

Luka en ek het saam gery na Nyati toe en ek het net twee gewere saam geneem die 6.5 en die 416. Ons het lekker gesels en ek wou hom deel maak van die basis en die beplanning. Ek het eintlik baie min van hom geweet en het hom baie gesien maar nooit werklik met hom gewerk nie. Hy het al hoe meer ontdooi en later op sy eie gesprekke aangeknoop. Ons het oor gewere gepraat en hy het baie geloof in die 458 gehad want hy het baie met een gejag. Myne het ek om geen rede nie baie min gebruik. Selby het begin met die 416 en hy het die kaliber aanbid en ek het dit maar so by hom geleer. Die geweer het gewerk vir my en ek het wel ander gebruik maar dit was die een wat ek baie vertroue in gehad het. Hoe meer ek met die 416 gejag het hoe meer het sy penetrasie vermoe my beindruk. Luka het nog nooit met n dubbel geskiet nie en hy wou baie graag met my 577 skiet, ons het begin lekker gesels en ek kon meer oor sy jagjare uitvind. Hy het vir natuurbewaring in Rhodesie geskiet, hierdie manne het baie geskiet en groot getalle is elke jaar afgehaal. Hy het baie ondervinding van olifante gehad maar ook die ander spesies en hy was n man van bykans veertig. Sy vrou was ook n laerskool onderwyseres en met die politieke kookpot in sy land moes hy ook maar die land verlaat. Hy was self as n verpleer opgelei en ek het gewonder hoeveel ek nog van mense wat saam met my gewoon het sou uitvind, die rond jaag van een plek na die ander het gemaak dat ek nooit iets werklik baie goed kon doen nie. Daar was altyd n krisis wat moes opgelos word en ek het kontak verloor met die wat dit die nodigste gehad het. Met die baie gesels het die pad vinnig korter geword en toe ek om die draai kom was hy verbaas oor die basis wat gelyk het asof hy uit die grond verrys het.

My huis het klaar gestaan en dit was maar net die mure en die dak wat op was en hulle het die water aan gele toe ek daar kom. Die stoep was klaar gebou en het oor die watergat uitgekyk wat ook bykans klaar was. Dit sou nog dieselfde aand klaar gemaak word en die werkers wou so gou as moontlik die water in die gat kry om die sement vloer te beskerm. Ek kon nie glo wat hulle in die laaste klompie dae uitgerig het nie. Die 100mm pyp sou n hele klompie dae moes loop om die gat vol te maak, hy was groot en sekerlik die mees natuurlike watergat in Afrika. Dit het werklik gelyk of hy maar al die jare daar was. Ons het deur die lee gat gestap en ek het geweet dat ek van die mooiste natuur tonele in my lewe hier sou sien. Hy was op plekke dieper as drie meter met kante wat skuins geloop het, geen dier sou nie uit die water kon kom nie. Daar was drie eilande met bome op en een wildevy moes hulle uithaal want die bome het n geweldige wortel stelsel en sou die vloer beskadig. Rondom die heining het ou Manwasi se mense n brandpad skoon geskoffel en dit sou ook die slange uit hou wat nou sonder skaduwee sou moes seil om in die basis te kon kom. Ek kon nie wag om die gat vol te sien nie want daar het al diere kom soek vir water by die pyp wat net in die sand weggeloop het.

Kabous se pa het ook n skaalmodel by hom gehad en hy het ook gedurig veranderinge aangebring. Langs my huis het hy n uitkykplatvorm laat bou wat met n wenteltrap na bo sou gaan en tien meter hoog was met n groot platvorm wat onder dak was. Daar kon gebraai word op die platvorm en dit het oor die hele watergat uitgekyk en ook ver oor die vloedvlaktes en die pragtige bome. Die uitsig was werklik asemrowend en ek was baie dankbaar dat ek die mense gekry het om die werk te doen. Daar was plek vir meer as twintig mense op die dek. Hulle was natuurmense net soos ek en het net soos ek gedink en geredeneer. Die braai was in die middel van die platvorm met n skoorsteen deur die dak en daar was klaar stoele en banke en ons het gaan sit en gesels. Die taalgebruik tussen my en Katwindi was n mengsel van Matabele en Xhosa wat naby mekaar was en beide Nguni tale was. Dit was ook waarmee ek en Luka ons gesprekke gevoer het. Hy kon soos alle mense in Rhodesie vlot Engels praat, tog was dit vir my belangrik dat ons n taal moes he wat eintlik sy moedertaal was en hy moes my reghelp waar ek sou sukkel. Die inheemse volke van Afrika het n taal baie gouer as ons westerlinge aangeleer en selfs my boesmans het met hulle in Matabele gepraat, iets wat hulle n jaar gelede glad nie kon doen nie.

Ek en Luka het op die platvorm gesit en die gejaag onder ons dopgehou, daar moes n paar honderd werkers net in die basis gewees het en almal het net hulle sekere take gehad. Dit was n gewoel en ons kon baie mooi alles gade slaan. Daar was n tente dorpie teen die een hang waar meeste werkers gewoon het en hulle sou elke dag van die kontrak werk, nie een dag is oorgeslaan nie. Dit was soos miere en die gewoel en gekap aan geboue met vragmotors wat die vooraf vervaardigde panele aan gery het en mense wat dit sommer van die vragmotor op die terrein gaan opsit het, Dromme en kanne verf en as n gebou klaar was het die elektriese manne gekom en dan die water manne en voor hulle klaar was was die verwers daar. Daar was gedurig inspekteurs wat toegesien het dat alles volgens standaard gedoen word. Dit het hulle drie ure geneem om Katwindi se huis te maak staan en teen die aand het nog net die verwers daar gewerk. Alles presies uitgewerk, elke bout en elke skroef en elke muurprop en kraan en water pyp was klaar op lengte en iemand het altyd gewag om iets vinnig te kon doen. Dit het vir my net te vinnig gegaan en ek het gewonder of daar nie maar brouwerk sou wees nie. Die ekstra huis wat die boumaatskappy vir hulle waarborg sou bou het ek ook in my gedeelte laat bou, daar sou manne van die maatskappy woon vir ses maande om seker te maak dat alles reg is voor hulle ons vir goed sou verlaat. Hulle moes ook vyf opsigters oplei om die basis te diens en hulle moes geleer word om probleme op te los as n pyp bv. sou lek of as daar n krag probleem sou ontstaan. Hulle moes leer die swembad in stand hou en dat die watervoorsiening altyd reg was en die kragopwekkers vol hou en diens. Die landskap argitek het ook vyf mense opgelei wat moes sorg dat die basis skoon is en net die regte inheemse plante geplant word en natgemaak word. Dit was alles deel van die kontrak. Die hele basis is met sproeiers nat gemaak wat onder eie druk gespuit het, daar was ook druppers wat net sekere plekke nat gemaak het.

Ek en Luka het vir ons begin kos maak op die vuur hoog op die dek en die son het begin sak in die weste. Die weer het sterk opgesteek aan die noorde kant en Luka het my gese dat dit vannag sou reen en ook by die Linyati sou dit meer reen. Toe ek in die VSA was het Jeannie vir my twee lekker koelbokse gekoop wat van glasvesel gemaak was en hulle het werklik n ding baie koud gehou, iets wat ons nooit werklik gehad het nie. Baie male sou ons in die veld in die aand wou braai dan was die vleis nog hard gevries van die oggend vroeg af. Ons het volstruis steak en aartappels op die vuur gemaak en Luka het vir ons stywe pap en blikkies tamatie sous oop gemaak. Volstruis was vir my altyd lekker en het my aan bees laat dink. As ons hom met een skoot kon doodskiet was hy baie lekker, as hy eers gekwes was kon jy hom maar los, hy sou n slegte smaak he. Die jong voels was ook beter as die ou voels. Hy was die beste op n oop vuur na eland en ek en hy het lekker gesels. Ek moes dink aan n sjef want Wandi was by Ben en Ali sou by Jakkie bly as ons skuif na Nyati toe. Luka het gese dat sy vrou baie lekker kon kos maak en sy het na ure in n restaurant in Livingstone gewerk as n sjef, toe verras hy my. Hy sou baie graag my tweede jagter wou wees en sy vrou kon saam met Maria en Jeannie ook die administrasie doen en die kombuis op haar neem. Ek het nooit kon droom dat die man wat so bang was vir my nou my jagter wou wees nie. Ek het hom gese dat ek hom met graagte sou wou he maar hy moes vir Jakkie vra, ek wou nie Jakkie se jagters afrokkel nie en hulle moes dit uitwerk. As Jakkie sou toestem was dit perfek vir my, hy het n bestuurders lisensie gehad en was verder as die gewone matriek geleerd. Hy het ook klasse in noodhulp aangebied en was eintlik n baie intelligente man. Hy was nie so groot soos Katwindi nie, ek en Katwindi was beide ses voet lank, hy was bietjie korter en ook nie so fris soos ons nie. Ek het geweet dat Jakkie nie sou omgee nie maar hulle moes dit uitwerk wat weer die veranwoordelikheid na sy kant toe gegooi het. Ek het hom gewys waar sy huis sou wees indien hy na my toe sou kom. Dit sou vir hom en Katwindi baie beter wees met die skool wat op hulle drempel sou wees en die tuis onderrig sou op n einde kom. Dit sou ook beteken dat hy n staatsamptenaar sou word en net vir n gedeelte van sy inkomste van Selby afhanlik sou wees. Ek het hom aangese om sy papiere in orde te kry vir n aansoek by die staat.

Ek het met Kabous gepraat op die radio en hy het gese dat hy dink dat Jakkie dalk die volgende aand by die huis sou wees. Hy was nog nie terug van Springbok af nie en Naomi sou saam gekom het. Van die bouers het by ons kom gesels en hulle het my weereens verseker dat ons oor tien dae kon intrek. Hulle wou baie graag twee elande gehad het en ek het gese dat ek regtig nie op die oomblik ingerig was vir jag nie maar baie gou n plan sou maak. Vir my het dit nie saak gemaak nie, ek was dolgelukkig by die Linyati, ek sou met n baie swaar gemoed daar weg gaan. Ek sou eers die 20ste Januarie 1978 beskikbaar wees vir diens aan die staat en aan Selby en ek het nog baie gehad om klaar te maak voor die tyd sou kom. Hulle sou die volgende more die helikopter landings plek gaan bou en dit sou met sement wees naby die basis se hek. Die 100mm pyp se water was die aand klaar in die watergat en die ingenieur het gese dat dit sestien dae en nagte sou neem om die gat vol te kry. Ek het dit langer geskat uit ondervinding op die plaas. Hulle het vertel van leeus wat hulle baie lasting geval het saans maar hulle kon nie in die basis in kom nie. Die trop leeus sou al teen die heining langs loop en dit was baie snaaks vir hulle toe een geskok word. Dit was blykbaar n groot mannetjie, hy het die heining storm geloop en weer geskok en toe sy frustrasie op die ander mannetjie uitgehaal en beide is later weer teen die heining vas en is weer geskok. Die mees komiese was n olifant bul wat ook nie seker was van die heining wat byt nie en dit weer probeer het. Hy het blykbaar met n lawaai en bome wat breek daar weggestorm. Die bobbejane wat die heining probeer het, het onmiddelik maagwerkens gehad en ek het geweet dat dit nog n rukkie sou aanhou tot die bostelegraaf dit vir almal vertel het. Ek het hulle aangese om die krag nooit af te sit nie, hulle was buitendien te bang om dit nie te doen nie. Die diere moes dit gewoond raak. Hulle was dit almal eens dat hier tien maal meer wild as in die Kruger Wildtuin was.

Luka het my vroeg geroer die more, hy was altyd die eerste op en ek het met my koffie op die dek gaan sit saam met hom. Dit het net begin lig word en in die watergat was so n klein poel water van die nag se inloop. Daar het rooibokke gestaan en n paar koedoes en nog wild was op pad, die water was maar net enkeldiepte en seker so dertig meter lank. Wonderlik hoe gou diere geweet het van water. Die ander natuurlike watergate het al opgedroog en selfs die nag se reen kon n mens nie veel van sien nie hoewel dit volgens die ingenieur 75mm was. Die son het helder opgekom en ek het geweet dat die reenseisoen nou op hande was. Daar het n horde tarentale kom drink en baie soorte voels en selfs n paar maraboes en ook n paar breekop arende. Dit was nog skaars lig toe die manne begin werk en ek het geweet dat daar weer n lang dag vir hulle sou voorle. Ek wou gou by die padbou manne n draai gaan maak wat by die asgat geslaap het. Ek het hulle nog nooit gesien of mee gesels nie, hulle was ook besig om masjiene aan die gang te kry en ek kon net n paar opdragte vir hulle voorman gee. Hulle wou ook graag vleis he en ek het belowe dat ek mense sou stuur as ek nie self kon kom nie. Ook vir hulle was dit n dolle gejag om klaar te kry. Hulle was dankbaar vir die vorige nag se reen, dit sou die stof minder maak.

Ek en Luka het weer deur die basis gestap en alles bekyk en gesels oor wat ons dink ons sou doen as die manne eers weer weg was. Agter ons het die klip koppies gele so driehonderd meter van die heining af en ek het gewonder wat van die luiperd geword het wat so ongeskik was oor n steenbok. Ek wou nog een dag saam met n jagter in die koppe gaan rondklim want daar moes diere gewees het wat nie op ander plekke voorgekom het nie, die habitat het net te groot verskil van die savannah veld waaraan ons so gewoond was. Ek wou weer die boesman tekeninge gaan kyk en beter ondersoek en weer vir prof Fritz nooi om te kom leeus kyk.

Ons is terug en selfs die vordering met die pad was weer opmerklik, daar was baie wild in die gedeelte waar die pad klaar gebou was en die geraas nie meer so erg was nie. Selfs die spoedbeperking borde was al opgesit, 35 myl per uur en hulle was met doringdraad toegedraai sodat die olifante hulle nie moes uit trek nie. Tog het die swaar vragmotors vinniger gery en ek het dit maar daar gelaat, die manne was haastig om klaar te kry. Die pad na Manwasi se kamp was ook klaar en ek het net vinnig n paar dinge oor arbeid daar gaan uitsorteer en ons is terug na die Linyati en het net voor middag ete daar gekom. Jeannie het ons verwag en sy het selfs die tafel vir ons laat dek. Sy was opgewonde want volgens Kabous wat met Jakkie se ouers gepraat het was hy op pad maar soos alles van hom was dit ook weer n geheim. Niemand wou die basis verlaat nie en almal het gewag vir Jakkie en sy meisie of sy vrou of dit kon moontlik sy suster ook gewees het. Die manne van Namakwaland het snaakse humor gehad en jy moes hulle geken het om dit te kon waardeer. Ek en Kabous het in sy kantoor gaan sit en ek wou graag sy pa bedank en inlig oor die vordering by Nyati. Hy het hom op die foon gekry en ons het langer as n uur gepraat oor al die nuwe dinge en sy insette en ek het hom baie bedank.

Intussen het Kabous vir Spyker van Katima in die hande gekry en my meubels sou die volgende more by Ngoma se brug wees en hy het die bedrag genoem en ek het gelukkig genoeg geld in kontant gehad en gereel met Katwindi en Luka en die bootdrywer Maburu om met drie bakkies die goed te gaan haal en sommer deur te neem na Nyati toe en in my huis te gaan sit. Ek sou later self daarna gaan kyk. Ek het vir Spyker goed geken en hy sou nie minderwaardige goed aan my verkwansel nie. Daar was ook meubels wat ou Manwasi vir Jeannie gegee het en dan n paar stukke van my eie wat maar net n bakkievrag was, hulle kon later geskuif word. Ek het ook gereel dat my boesmans saam ry want Katwindi moes ook vier elande vir die konstruksie manne skiet en hy moes maar help afslag as dit moes, hy moes ook Jakkie se boesmans saam neem en ek en Katwindi moes eers praat oor Luka. Ons het engels gepraat want Kabous was by en ek wou weet hoe hy voel oor die skuif wat Luka wou doen. Hy sou enige tyd saam met hom jag en werk. Dit was immers hy wat hom vir ons anbeveel het. As Luka sou skuif sou daar n ekstra jagter moes kom van Selby af. Daar was n paar wat hy al aanbeveel het en ons sou moes die beste uitsoek.

Jeannie het so uitgesien na die nuwe vrou wat op pad was dat sy haar mooi gaan regmak het en selfs n sjokolade koek gaan bak het en in die kombuis was dit n hele gewerskaf om n welkom besigheid voor te berei. Ek het gewonder of hulle die manne van die snaakse wereld goed genoeg geken het. Een ding het ek geweet, Jakkie sou nie lieg nie. As hy gese het dat hy n vrou loop haal het dan het hy een gaan haal, of dit sy vrou was of sy suster of dalk n non sou ek nie weet nie. Die bakkie het gedreun en Jakkie het aan gery gekom en hy was alleen voor in die bakkie. Ons het almal gestaan en kyk en hy het uitgeklim en hom uitgerek en kom groet. Jy kon ons nuuskierige spul met n veer omslaan. Daar was nie n vrou nie, hy het sy koffers voor uit die bakkie gehaal en ons was stom geslaan. Ek het hom te lank geken en Kabous ook en ek het geweet dat hier iewers n slang in die gras moes wees.

“ Nou maar kom ons gaan drink n bier ek is nogal dors na die stofpad, ek wil net gou my pyp in die bakkie kry. Jy kan maar uitklim Ounooi.” n Pragtige meisie het onder n seil agter op sy bakkie uitgeklouter en ek het geweet dat hy nie sulke grappe sonder rede gemaak het nie. “Hier is my vrou van sewe dae, almal hier is Naomi.” Sy was werklik mooi, mense van sy wereld is sonder skyn en dit wat jy sien is wat hulle is. Ek het haar bekyk en geweet dat my ou maat nooit n fout sou gemaak het nie. Sy was byna net so lank soos ek en met blonde hare en het n jean en hemp aan gehad en daar was ringe aan haar vinger. “ Jakkie wanner het julle getrou? Ag ou Pine ons trou mos maar maklik in die Namakwaland, sommer Saterdag gou bietjie gaan trou en die aand op die plaas geslaap en toe so langs die kus afgery en bietjie gaan kreef duik en ja dit was dit. Ons gaan ook al lank uit en met jou planne vir volgende jaar het dit ons gepas en hier is ons nou. Die lang afstand vryery het nie gewerk nie en n mens mis die mense wat jy voor lief is. Jakkie, Naomi Baie geluk, Jeannie bring daai koek saam boot toe, ons moet darem ook saam troue hou.”

Naomi was werklik n wonderlike aanwins vir ons klein gemeenskappie en ek het haar wat presies net soos Jakkie was ongelooflik geniet. Sy was n mens mens elke dag dieselfde en sy sou vir Jeannie Afrikaans leer soos nie een van ons dit kon doen nie. Die troue is op die boot gevier en ek sal dit nogal lank onthou.

28 November 1977




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed