Jongste aktiwiteit:

Jaco Niemand en n gekweste oilfant.
vir

Jaco Niemand en n gekweste oilfant.

Tussen die Linyati konsessie en en Die Gwai/Kavango konsessie van Ben was nog twee klein konsessies. Die een die naaste aan hom was net n fotografiese konsessie en die een die naaste aan die Linyati was n klein jagkonsessie. Hulle het engelse name gehad en het net ten suide van die Savuti gewerk. Ben se laaste renosters het ten noorde van die Savuti geloop en as hy mense daar sou gewaar sou hy hulle op sig skiet, dit het nooit gebeur nie maar niemand was bereid om dit te probeer nie. Toe Selby my aanstel as sy hoof koordineerder van safaris het ek al die mense besoek en met almal samesperkings gevoer, ons manier van jag verduidelik en probeer om goeie bure te wees. As n dier sou gekwes word, dan sou ons mekaar laat weet as ons mekaar se gebied betree. Dit het by ons baie min gebeur. Selby het die wereld se kennis van jag en safaris gehad en sy norme was hoog gestel en ons het daarby probeer hou. Ons was al ondernemers wat met twee jagters per klient gejag het, kanse om te kwes was min, dit het gebeur maar is baie gou opgelos.

Selby het n baie bekende klient vroeg in sy safari jare verloor met n olifant toe hy nog in Oos Afrika gejag het, dit was sy hoofrede vir twee jagters. Ek het af en toe die reel oortree en ek glo dat ek al was wat dit sou gewaag het. Daarby was ek by n hele paar stormlope betrokke waar een jagter nie genoeg was om dit te stop nie. Diere met die wilskrag om te oorleef kon geweldig ver buite hulle vermoe optree en dit sou net n koel en kalme skut wees wat sy skote kon reg plaas wat werklik sou oorleef. Daarom het ons so hard klem gele op die vermoe van n jagter. Hy moes aan ons vereistes voldoen, baie is gevra om met drie maande salaris vooruit te loop en liewer op n ander plek te gaan probeer.

Ben wou een dag een doodskiet in die veld wat se moed hom by n leeu verlaat het. Hy het hom by Selby gaan afsmyt in die nag met sy oe potblou geslaan. Ek het hom baie sterk hieroor aangepraat, dit was nie die manier van doen nie en kon ons baie skade berokken. Dit was nie die soort van werk wat vir slap manne bedoel was nie. Jy moes jou plek en jou man kon staan of dan liewer gaan potte was by die kombuis en ophou met jag. Daar moes te alle tye meer as 100% op jou makker staat gemaak word en die grootste skande wat n jagter kon oorkom was om nie sy man te gestaan het nie. Jy sou dadelik gevra gewees het om te loop deur die manne wat saam met jou gejag het. Jy moes jou man kon staan of jy was weg.

Daar was ook vooraf met kliente ooreen gekom dat die oomblik wat sy eerste skoot sou klap, dan was sy jag vir alle praktiese doeleindes verby, dan kon die manne saam met hom skiet om sy trofee so gou en menslik as moontlik dood te kry. Dit het my by Selby oorgekom dat n klient sy leeu wou weier nadat hy hom n pens skoot geskiet het en ek die leeu geskiet het en hy toe ontevrede was. Toe Selby bykans al sy jagters laat loop het, het ons nuwe manne op n bosberaad gegaan en baie hard aan al die goed gewerk om n blywende oplossing te probeer kry wat almal vooraf sou inlig oor presies wat van hom en in n paar gevalle haar verwag word.

As n Jagter of n klient by ons sy voete in die veld gesit het, het hy alles geweet wat hy moes weet. Hy was reg ingelig en het die feite vooraf geken. Kliente was op my aandrang nie toegelaat om op gewonde diere se opvolg te gaan nie. Hulle was in ons pad en n gevaar vir ons en hulle self, ek kon nie na my maat en hulle welsyn omsien nie en dan moes ek na myself ook nog kyk. Dit was waar ons oorgevat het en hy sou by die bakkie of n gegewe plek wag. By n werklike aggressiewe leeu, olifant, buffel en luiperd sou twee gewere maar min wees. Dit was waarvoor ons, ons ingelaat het en dit was ons werk. Nie al die ondernemers het so gewerk nie en eintlik was ons al wat so te werk gegaan het. Dit was een van die redes vir ons hoe sukses syfer, daar was nie gekwes nie en daar was nie tyd gemors nie.

As n man n 21 dae jag bespreek het en dit was gewoonlik in tien of twaalf dae afgehandel, dan kon hy vakansie hou by ons en ons sou aangaan met die volgende een. Hy kon Victoria Valle toe gaan of net sleg wees vir die res van sy tyd by ons. Hy kon ook ander spesies skiet as hy dit kon bekostig. Hy kon op die boot kuier en die lewe geniet en ons het daarvoor ook voorsiening gemaak. Geen klient is by ons weg sonder sy kwota nie, selfs situtunga was geskiet, nie altyd rekord bulle, nie maar die kliente het hulle gekry. Ons het nooit lengtes en gewigte gewaarborg nie, diere sou nie stilstaan dat jy eers meet en dan wag dat jy hulle skiet nie. Ons kon dit goed skat, was altyd baie na aan die kol en gewoonlik het ons laer geskat om die klient se ego te streel.

Katwindi was op pad terug en ek het die nuwe man wat sou kom vir n onderhoud, Jaco Niemand verwag en Kabous het kom se dat ons bure n man verloor het met n olifant. Dit was vir my snaaks dat ons bure kom hulp vra het, hulle het gewoonlik alles wat ons gedoen het gekritiseer en wou nie met ons iets uit te waaie he nie. Hulle manier van jag het geheel en al verskil van dit wat ons gedoen het. Hy het hulle geskakel per satalietfoon en hulle het bykans gesoebat vir hulp met n gekweste olifant wat een jagter getrap het en nog een in gips gesit het en n ontevrede klient wat wou hofsake maak.

Ek het my boesmans aangese om reg te maak vir drie aande weg en in te pak en Jeannie moes hulle wys wat en hoeveel om in te pak want ek wou eers meer gaan uitvind op die foon. Katwindi het opgedaag en hy was binne n halfuur reg om te ry toe Jaco Niemand opdaag. Ek was te haastig en kon nie aandag aan hom gee nie, hy wou saam en hy was gerat vir vyf dae weg van die huis af. Katwindi het hom herken van iewers vroeer en hy het gese dat ons hom maar kon saam neem, hy het al saam met hom gejag. Ek het altyd vir Katwindi vertrou en sou nie met hom redeneer nie. Ons is met drie bakkies weg na die manne toe waar ek nog net een maal was en nie tevrede daar weg is nie.

Jaco het met n 500 H+H geskiet by olifante en dit was n dubbel, ek het soos gewoonlik my 416 geneem en Katwindi sy 404, hy wou vir Luka ook saam neem en ek het my 500 Jeffrey vir hom gegee. Sy geweer het n probleem gehad, vier jagters by een bul moes seker genoeg gewees het. Ek het twee goed in my lewe gehaat, eerstens was dit om onvoorbereid enige ding in my lewe aan te pak. Die ander een was om ander mense se kwesbokke te gaan soek, in n vreemde wereld nie n maklike taak nie. Kabous het my gemaan om te bedaar en versigtig te wees, ek het vir Jeannie gaan groet en gery na Jas my herhinner het dat ons twee makorros moes saam neem. Ons was immers na die Savuti op pad en kon nie sonder water vervoer nie, die moontlikheid was daar dat ons die rivier sou moes oorsteek.

Ons het by die kamp van die mense opgedaag binne drie ure na hulle ons geskakel het. Die polisie was daar want een jagter was dood en nog een het moes hulle van ons nonne gebruik gemaak om te versorg en af te voer na Maun. Ek was nie lekker vir die manne nie en hulle het my geken en geweet dat hulle dit sou hoor.

“Give me a guide and he must take me to the the freshest track then he must leave us. My condolences for losing a friend and a hunter, was that Peter Green?

Yes it was indeed Pine and we are in trouble with this elephant that is heading your way.

We will get him before nightfall. I will contact you and will let you know what has happened. Who is the guy that will come and show us the way?”

Dit was n Masarwa boesman en sy naam was Spear en hy sou ons die vars spore gaan wys. Ek het hom voor in die bakkie gelaai en hy moes praat en ek sou luister. Ek wou alles weet wat gebeur het. Daar was vier bulle waarvan een n grote was wat al mense geskraap het en drie wat ook groot was maar nie lang tande gehad het nie. Die grote het dwars gestaan en drie skote is geskiet en dit het nie n effek op die bul getoon nie. Hy skat dat een skoot raak was en te hoog was en die oilfant het eers gevlug en hulle uit n palm eiland verras en die die jagter opgetel met sy slurp en en dood geknie nadat hy hom deurboor het. Hy het die een spoorsnyer met sy slurp teen n palm gegooi en is saam met die ander drie in die rigting van die Savuti. Die res het gehardloop en die klient wat n Brit was, wou saamkom maar ek het hom reggehelp op n vinnige manier van hoe ons dinge doen.

Ek het verder gery en gewonder hoe die mense n bestaan maak op so n eenvoudige manier en die hele basis was die simpele eenvoud en die jagters het my geblyk baie bang te wees en ongeorganiseerd. Ek het gewonder hoe die staat wat ek so baie respek voor gehad het sulke swak werk kon toelaat en hoe hulle kliente gewerf het. Dit sou in die nuwe jaar seker weer een van die uitdagings wees as koordineerder van jagte in die noorde van Botswana. Die arme boesman het my bang en honger en verwaarloos gelyk en het nie eens skoene gehad nie of hy het uit die skoene weggehardloop. So sou ek nooit kon jag nie. Die omarambas het ook hier begin af kom en was so kniehoogte en ons sou met tekkies en rugby broeke jag en die drinkwater vir eers vergeet.

Dit was n mooi wereld suid van die Savuti, baie mooi Maroelas en Mopanies en baie wild. Nie werklik skaars spesies nie maar net die gewone, baie mooi koedoe bulle en ek het vir eerste maal in my lewe n jagluiperd wyfie met ses klientjies bykans net so groot soos sy gesien. Ek het geweet dat hulle nog vir minstens die volgende ses maande van haar afhaklik sou wees. Ek was jaloers want hulle was skaars by my en as ek een sou gehad het sou ek haar gevoer het. Sy moes n baie goeie wyfie gewees het om in die digte wereld wat nie haar habitat was nie hulle so mooi te kon groot maak.

Die rigting was reg noord en dus na die Savuti toe. Dit was my grootste vrees dat die olifant die Savuti sou oorsteek en ek was beslis nie van plan om my manne se lewens te waag op die eilande en moerasse agter n gekweste olifant aan nie. Die grond kon enige oomblik onder jou pad gee en net weer toemaak bo oor jou, om vinnig te beweeg was onmoontlik en skuiling het nie bestaan nie. Ek sou teen die water omdraai en die bul los. Dit sou my grief en ek sou dit op die rooikop sproetgesig gaan uithaal

Dit was asof n onbekende mag my voortgedryf het en die ander bakkies het agter geraak en ek het gewag en die situasie verduidelik. Ons moes die bul skiet voor hy die rivier oorsteek en ek sou nie met minder tevrede wees nie. Ek sou my bakkie boor. Hulle moes roer en bybly en as die spore sou nat word sou ons op hulle begin draf soos met n grens hakkejag oprasie. Jas het my met groot oe aangekyk en geweet dat ek seker die ernstigste was wat hy my nog gesien het. Dit was lanklaas dat ek olifante gejag het en ek wou die spesifieke een skiet of dan iemand wat saam met my was.

Dit was n redelike ent van die basis af en ons het die plek gekry waar die jagter doodgemaak was. Wat my die meeste verbaas het was dat daar 300 Win Mag doppe gele het en ek het al hoe meer myself opgewerk. Ek het die twee doppe opgetel en in my bakkie gegooi. As dit was waarmee hulle gaan jag het, het hulle vir groot moeilikheid gesoek, dit kon nog lood punt ammunisie ook gewees het.

Ons het almal die spore sorgvuldig gaan deurkyk en die gekweste een se spoor sou ek kon volg wat ook al gebeur. Dit was so ses ure gelede dat die petalje plaasgevind het en die olifante kon al ver weg gewees het. Dit was nog voor twaalf die more en ek wou so hard as moontlik ry op die spore tot hulle nat genoeg geraak het en sou dan met die voet verder gaan. Ons het almal die spore gaan lees en was dit eens dat ons die spore sou kon hou wat ook al gebeur. Op hierdie stadium kon ek al baie goed spoorsny en Katwindi was n natuurlike spoorsnyer en ons sou dit soos so vele male tevore saam doen.

Ek het my boesmans op die dakrak laat sit met die stok om te wys en hulle moes in snelskrif lees. Ons moes sou gou moontlik so na as moontlik kom en dan verder draf. Dit was n mooi wereld wat ook maar gebrand het en ek het geweet toe ek die luiperd by Ben gaan skiet het dat hy al hoe meer ruig sou word hoe verder ek noord sou gaan. Die omrambas het al hoe nader aan mekaar gele en ek het geweet dat die wat die naaste aan die rivier sou wees die meeste water sou he. Jas het my gestop en n klompie pienk sponserige bloed gewys, dit moes n long skoot gewees het en dit was min bloed. Dit was die eerste bloed wat ons gekry het en ek wou weet hoe ver hulle was. Hy het na die son gewys en ek het so n uur geskat voor ons. Hulle het geloop en die spore het nog vier gewys wat nog steeds korrek was en hulle was nie haastig nie. Hardloop spore kon jy op die agtervoete baie duidelik sien, daar was merke wat soos n klein sandwalletjie gelyk het en die voorpote sou weer merke aan hulle agterkant gehad het. Hierdie was net loopmerke en dit het my effens rustiger gemaak.

Ons is deur nog n paar omarambas met water en Jas het gese dat hy dink die spore nou baie natter is en dat ons moes loop. Ek wou die meester Katwindi se mening he en ons en Jaco het saam besluit dat twee jagters eers op die spore sou draf en die bakkies sou buite hoorafstand volg tot ons seker was die spore is warm genoeg om met al die jagters te volg. Ek was lus vir olifantjag en ek en Katwindi sou die eerste skof vat, tekkies en die patroon belt met ammo en my pet op en die geweer sou ons draf en hulle mos volg. Gewere sonder bande want die goed kon vashaak aan takke.

Gelukkig was daar genoeg water wat n paar dae tevore nie daar was nie, ons kon bykans elke kilometer drink. Ons het sy aan sy gedraf en ek het geweet dat ek fikser as hy was want hy het ook lank laas gedraf. Die spore was maklik om te volg en ek het veilig by die meester gevoel wat my so baie van olifant jag geleer het. Die rigting was nog steeds reg noord na die rivier toe en ons het mekaar een kyk gegee en die spoed n bietjie opgetel. Ek het gese aan al die jagters dat ons elke olifant wat sou storm sou skiet, hulle het al die bevolking skade gegee en hulle het geweet dat ons sou kom vir hulle.

Die bloed was nou meer as netnou maar glad nie genoeg om n groot bul swak te maak nie. Elke honderd meter was so n koppie vol wat sommer op die hoe gras gele het soos n skuimbondel. Ons het mis gekry en Katwindi was seker dat ons nie te ver agter hulle kon wees nie. Die grootste probleem was dat die wind suid-wes was en ons eintlik met die wind van agter gedraf het. Hulle kon ons baie maklik ruik. Olifante wat wind af geloop het, het ook die gewoonte gehad om stof te gooi op hulle lywe, dit het gemaak dat hulle minder die reuk getoets het.

Olifante het ook hulle agtervolgers in gewag net soos buffels en ek het ook een dag n leeu gesien wat dit gedoen het. Wanneer die jagdruk en die agtervolging te kwaai geraak het, het diere hulle sintuie en intelligensie begin gebruik. Olifante is baie slim diere. Hulle sou n beter plek kies as buffels en van verder storm maar nie minder stadig nie, al verskil was dat hulle n beter teiken was en in n mate makliker geval het. Ons het seker so drie kilometer gedraf en ek wou weer weet wat my maat gedink het. Hy het gedink dat ons nog so n kilo moes doen en dan die ander moes by roep. Ons het dit gedoen en gewag vir die bakkies wat ek kon hoor dreun en vinnig gerook en water uit die omaramba gedrink.

Ons het by die omaramba gaan sit en die agtervolging vinnig bespreek. Jakkie se een boesman kon bestuur en hy moes stadig agter ons aan kom en as hy skote hoor probeer so vinnig as moontlik by ons kom. Ek en Katwindi sou op die spoor bly en Jaco sou links van my wees nie meer as so vyftig meter weg nie en dit het ook vir Luca gegeld wat weer regs moes wees. Die roep sou weer die van die neushoring wees as iemand iets sou sien. Ek en Katwindi sou mekaar aflos en so vyftig meter voor mekaar bly tot die spore baie warm was en dan sou ons skouer aan skouer verder gaan, wapens was nog op veilig en die skree van die visuil sou wapens van veilig af haal, ons moes mekaar te alle tye gesien het.

Ek het die eeste been geneem en is vinnig op die spore verder aan wat baie duidelik gewees het en al hoe varser geword het. Ek het gedink aan die vorige een wat ons op was wat skielik sy spore gedraai het en op sy eie spoor terug gekom het en het maar aangehou deur nog drie omarambas. My gemoed was vol en ek was die joos in vir die jagters hoewel een dood was, hulle het soos stropers opgetree en wat my betref niks geweet van olifant jag nie. Dit sou nie so kon voortgaan nie en ek het gewonder of hulle my sou gekontak het as daar nie n man dood was nie.

Ek kon die olifante se rue en stof sien so twee honderd meter voor my en het gewag vir Katwindi om by te kom en ons het eers die neushoring en toe die visuil roep gegee, wapens was af van veilig en vingers naby die snellers maar ook weg genoeg. Ek het vir Jaco en Luka gewys om nader aan ons te loop en kon twee olifante se rue sien voor my. Dit was altyd die wat jy nie kon sien nie wat my gehinder het. Dit was ruig maar nie so ruig dat n groot bul homself kon wegsteek nie. Hulle het aanhoudend stof gegooi en dit was met die effense windjie baie sigbaar bo die bome. Die olifante was haastig op pad na die Savuti toe wat nog so drie kilometer weg moes gewees het volgens my skatting.

Hulle het ons beslis nie so gou op die spoor verwag nie en het nie gehardloop nie en seker gedink dat hulle die moerasse sou haal en dan kon weg raak. Dit was altyd moeilik om n olifant wat weg van jou af loop te skiet, jy kon sy heup afskiet of beter op die stert se wortel en hom dan anker en dan dood skiet. Dit was die laaste opsie. By gekweste bulle moes hy n brein skoot kry, met n hartskoot sou hy nog te veel kon skade maak.

Ek en Katwindi het so in die drafstap planne gemaak en hy sou sien wat gebeur maar hy kon ook vir hulle wys dat ons op hulle is en dan sou hulle draai en storm. Hulle was te haastig en dit sou onmoontlik wees om voor hulle te kon kom. Die grote was agter en ons kon drie sien en die grote het stof opgegooi en teen sy lyf geggooi en Katwindi het saggies in Matabele gese “Igazi” en na sy neus gewys. Hy het die grote se bloed geruik. Hy het so veertig meter voor ons effens skuins om n Mopnaie gegaan en ek wat regs was kon die bloedstreep teen sy regterkant sien. Ek het probeer net op die grote wat agter was konsentreer, hy was die eerste rede hoekom ons daar was en ek wou hom so gou as moontlik laat val. Dit sou van die ander afhang wat ons verder sou doen.

Ek het probeer meer na regs gaan en nie te vinnig nie want die adrenalien en die drafstap kon my maak n swak skoot skiet. Hy was nou nader as dertig meter en ek sou moes gaan vir n skuins skoot van agter vir die brein, hy was ongeveer vyf en veertig grade skuins na regs. Dit was die eerste maal dat ek so n skoot sou waag op olifante. Ek het agter die oor gevat en my skoot moes gaan vir die verste oog. Ek het nog nader gedraf en teen n Maroela gaan leun en my skoot het hy nie verwag nie en hy het bykans soos n weerlig slag op sy sy geval met die takke wat breek en die stof wat opslaan. Sy een agtervoet het nog gebewe en ek wou voor hom kom. Die een jonge het gestorm met die ore teen die kop die slurp opgerol en Katwindi en ek het saam geskiet en hy het bykans voor ons geploeg. Die ander een was op pad na Jaco skuins links van ons en ons het weer saam geskiet, drie skote en hy het ook geval.

Ek het die lee doppe in my sak gesteek en vinnig die geweer vol gemaak. Die vierde een het op dertig meter vir ons gestaan en kyk en hy was regtig n jong bul, kleiner as die ander. Hy het by die verste een wat gele het gestaan en was baie onseker van homself. Ek het n groot jammerte in my hart gekry vir die olifant en almal het gestaan en kyk en wag vir my om iets te se.

Hy het sy makkers van n paar jaar verloor, hy het hulle gesien vermoor word deur mense en hy het sy leier gesien wat deur n inbessiel gekwes was. Hy sou sy lewe lank dit onthou en mense verafsku. Voor hom het die drie olifante gele en ons het gestaan en wag en hom dopgehou, een se agtervoet het nog effens geroer. n Weemoed het my oorval en ek het gese. “Skiet hom Jaco” en vir Katwindi “Bulala” en omgedraai en op my spoor begin terug loop. Die trane het geloop en ek het die dubbel se twee skote kort op mekaar gehoor agter my rug en in die verte die bakkie wat deur die omaramba aansukkel op pad na ons toe. Daar het n Wildevy op die rand van die omaramba gestaan en ek het my trane daar gaan afwas en gedrink en my pyp opgesteek, dit was so byna tweehonderd meter van die olifante af. Die woede wou by my kop en my bors uitspring en ek was bang dat ek beheer oor myself sou verloor. Daar was bevolking naby en ek het die tromme gehoor en die ander manne opdrag gegee om te klim sodat ons by die ander bakkies kon uitkom.

Jaco het hier gewys dat hy oor baie leier eienskappe beskik en hy was so vyf jaar ouer as ek en hy kon sien dat ek baie na aan iets onverantwoordelik was.

“ Pine ek ken jou glad nie, ek het baie van jou gehoor soos al die ondenemers maar, jy moet nie die manne te sterk aanvat as ons by hulle kom nie. Ek was by toe jy jou toespraak op Maun by Rileys gegee het en ek het daai dag besluit om vir jou te kom werk. Jy sal my nie onthou nie, jy was net so kwaad daai dag. Jy wou ook met niemand meng nie en het dadelik terug gery na Makuku. Hulle het immers n mens verloor en miskien moet hulle net gewys word hoe die dinge op die regte manier gedoen word.

Jaco ek is nog steeds lus en draai daai sproetgevreet se nek af dan kan hy saam met sy pel in die yskas gaan le. Dit is nie hoe die Skepper wil he dat ons sy diere moet behandel nie.

Vat hier n Paul Revere Pine, ek het ongelooflike respek vandag vir jou jagvermoe gekry, die manier waarop julle dinge doen het n geweldige indruk op my gemaak. Dit is wat ek al twee jaar lank probeer in mense se koppe in kry, maar daar sal altyd een of ander sot dink ek weet niks nie want ek kom nie van Afrika af nie. Waar ek vandaan kom het eeue gelede laas olifante geloop.

n Ding is of reg of verkeerd Jaco, daar kan nie grys areas wees nie. Ek wil he jy moet terug bestuur, ek is te die joos in.”

Ek het dat Kabous die konsessie se mense kontak, ek kon nie want my radio kon nie met hulle kontak maak nie, hy moes se dat hulle olifante geskiet was en dat hulle op my spore kon ry en hulle kom slag, die bevolking was op pad en ek het hulle boesman daar gelos. Die tande van die ander drie wou ek binne twee dae by my afgelewer he, dit was die staat se eiendom, ek wou vir Sproetgesig sien by my en ek sou nie by hulle basis by aanry nie. Ek het vir Katwindi gese om voor te ry met sy bakkie en ek en Jaco het sommer die onderhoud wat formeel moes wees so uit my kop uit in die ry afgehandel.

Hy was van Botswana en was getroud met n seuntjie van twee jaar. Dit het my beter gepas, nog een wat kon help boeke doen en die jagters met vrouens was net meer genoee om langer te bly. Hulle wou ook minder met verlof gaan. Sy vrou se naam was Linda en het skool gehou in Ghanzi waar hy ook vandaan gekom het. Hy het die Odendaals waar ek al so baie leeus geskiet het goed geken hoewel hulle ver van mekaar gewoon het. Hy het ook Jakkie se ouers geken want hulle het op hulle plaas geboor. Hy het eers vir n mynmaatskappy gewerk maar die natuur het hom net soos vir my ook maar geroep, hy het twee jaar meer ondervinding as ek van jag gehad. Hy het n landbou diploma van die Landbou Kollege by Glen gehad wat ek ook mee bekend was. Hy was die jongste van vier seuns en sou eers n neseier moes opbou vir minstens vyf jaar voor hy sou gaan boer. Hy het meer as dertig jaar vir Selby gejag en het baie groot hoogtes bereik.

Ons het by die huis gekom en ek het vir Jaco sy slaaplek gaan wys en vir Jeannie gaan groet waar sy en Monica besig was met die boeke. Ek het vir Kabous gese dat hy vir Jaco moes die papier werk voorle en die salaris bespreek, ek wou net so n rukkie alleen wees. Ek en Katwindi het met n beker koffie op die loodsboom gaan sit. Iets het my gepla, ek wou weet hoekom Luka nie geskiet het nie. Hy was langs ons en het die kanse gehad wat ons gehad het, hy het wel nie sy eie geweer gehad nie maar myne. Jakkie en Rey en Colin het hom baie hoog aangeslaan en het nog nooit gekla oor hom nie. Dit het my gepla en ek wou n antwoord he.

Katwindi was voorbereid en want dit het hom ook gepla en hy het vir Luka gevra. Sy antwoord was in twee rigtings. Eerstens het hy homself as n soorte van n “back up” gesien en was reg om te skiet sou dit nodig wees en ons dalk leeg graak het. Dit was nie nodig dat hy skiet nie maar as ek in sy posisie was sou ek geskiet het. Dit kon ek verstaan en het vir my water gedra. Tweedens het hy n doodse vrees vir my gehad, hy was bang dat ek iets sou se of te streng met hom oor iets sou wees. Hy was baie verlee oor die werk en bang dat ek teen hom kon optree oor iets wat hy nie reg sou doen nie. Ek het nog nooit saam met Luka gejag nie en het altyd op ander jagters se opinies my aan names gedoen. Ek was baie skaam hieroor en het vir Katwindi gese om stil te bly en ek sou dit met myself en Luka moes aanspreek. Dit was vir my vreeslik dat ek vrees by n man onnodig ingeboesem het. Ek wou dit eers met Jeannie en Kabous bespreek, dit was n klad wat ek op myself gebring het.

Dit het tyd geword vir my om ook n slag in my eie mondering en optrede te gaan rondkrap. As manne wat my jagters was so bang was, was ek n vreeslike mens om tevrede te hou. Dit het aan my geknaag en ek het werklik slapelose nagte gehad daaroor. Om vir n tiran te moes werk was teen my mens wees en heeltemal teen my hele wese. Kabous en Jeannie en Monica het gese dat die man dalk baie fyngevoelig was, dit was n skrale troos. Ek het ongelooflik sleg gevoel daaroor en gewonder hoeveel mense ek nog langs die pad seer gemaak het en hoeveel ek nog sou skend met my optrede. Dit was onaanvaarbaar.

23 November 1977




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak