Jongste aktiwiteit:

Hennie du Toit
vir

Hennie du Toit

Lees meer oor Hennie du Toit

MAART 2026 – HERFS/KAS PROJEK

2.Die kredietkaart

Ek het die somer verskriklik baie geniet, want ek is ‘n somermens. Party het egter gekla dit is te warm. Daar is blykbaar warmbloedige en koudbloedige mense. Vir my, al is dit warm, is daar altyd die opsie van swem, sekerlik aktiwiteit nommer een. See of swembad, wat is dan nou lekkerder om mee af te koel. Maar as dit koud is trek jy so dik aan dat jy later soos ‘n stokman voel en daarvan hou ek nie. Maar of jy nou somermens of wintermens is, maak seker nie te veel saak nie. Die feit van die saak is die meerderheid van ons het die somer tog geniet met al die feestelikheid daaraan verbonde. Ons het lekker geëet en lekker gedrink, sommige van die verkeerde goed waaroor ons nou spyt is. Soms wel die regte goed, maar hopeloos te veel daarvan. En niemand voel skuldig nie, want die kredietkaart is gelaai! Ons het voorsiening gemaak!
Dan stilletjies, eintlik ongevraagd, het die herfs stadig maar seker nader gesluip. Skielik begin ons aan die baadjies en truie dink, nie iets wat ons in die somer gepla het nie! En die swembad kry nie meer heeltemal soveel aftrek nie. Die wat kla oor die hitte van die somer, begin nou kla oor die koue wat ons stadig bekruip, want niemand is mos ooit tevrede nie. Nou skielik wonder ek so in die stiliigheid – sal my truie en baadjies nog pas? Die lekker eet en drink tydens die somervakansie het ‘n paar sentimeters by my middellyfmate geplaas, dalk net ‘n bietjie te veel om nog die 2025 toeknoopbaadjies te kan dra. En so begin die invaar in die klerekas, die aanpas en die uitgooi. Die uitgooihopie word al groter en die spasie in die kas al meer. En die arme kredietkaart, wat al is wat maer gelaat is na die vakansie, moet vir oulaas nog ‘n paar hase uit die hoed ruk, sorg dat die kas darem nie heeltemal te leeg lyk nie. Terwyl hy nie eintlik meer oor fondse beskik nie. Daar is mos gespaar vir die vakansie, nie vir daarna nie!

Dit het my onwillekeurig aan my geestelike klerekas laat dink. Gebeur dit nie maar daar ook nie? Ons vier fees, geniet die lewe en sit so ‘n paar sentimeters genot aan. Hier ‘n funksie, daar ‘n ander aktiwiteit. En ek hardloop rond van die een bepanning na die ander. Daar is seker niks daarmee verkeerd nie, solank dit ordentik gedoen word. Ek lees nog steeds die Bybel, gaan darem nog steeds kerk toe en probeer darem heel verantwoordelik wees. Maar ordentlik of nie, ek dink gewoonlik nie verder aan my geestelike klerekas nie. Sal daar voldoende klere wees as die winter toeslaan, of maak ek nog staat op verlede jaar se uitrusting? (Efesiers praat van wapenrusting). Dan tref die werklikheid. Daardie kanker wat, net soos die herfs, stadig nader gesluip het. Die aflegging by die werk, wat eintlik verlede jaar al op die bestuur se tafel was, maar nou eers gekommunikeer is. Die skielike dood in die familie. Die finansiële krisis, die jakkalse in die huwelik, en en en. En dan besef ek, ek het die lewe geniet sonder om aan my geesteike klerekas aandag te gee. Ek het geëet (ingeneem) en lekker vet geword van Sy genade en guns. Ek het in mildadigheid myself verryk.
Dis eers toe daardie tyding kom, die herfs, die koue en vrees wat nadersluip, wat ek weer aan my klerekas dink. Verlede jaar se waarheid, se geregtigheid, se verlossing, se vrede, se geloof. En ek ontdek ook hier dat die hopie in die kas kleiner is as die hopie op die vloer.
Gelukkig darem het ek ‘n betroubare kredietkaart,’n goue een, ‘n hemelse een en een met oneindige limiet, rentekoers en vervaldatum (en ek hoef nie eens maandeliks terug te betaal nie). En die houer van die kaart, Jesus, het self voorsiening gemaak.

 

Hennie du Toit




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander