Elroux
BRONS KLAS
Maart 2017 projek – Menseregte en morele wysheid
2.Spookspore
Verlede spoke
spore dans oor mens se reg
in heiligste plek
@Elroux
Mei 2017 – Moedersdag Psalm/Vonkfiksie projek
3.Moeder
‘n lowergroen boom is jy
met jou takke omhelsend uitgereik
gevoed deur die lewende waterstroom
bedek jy jou kinders onder blare kombers
hou hul veilig binne jou bereik
voed hul op die regte tyd
trek hul nader altyd nader na Helende Water
beskerm hul teen die brandende son
jy dra die vrugte van die Gees
laat blomme tussen dorings blom
in ‘n kleed van nuwe groen
bring jy hoop vir ‘n nuwe seisoen
by jou vind die moeë reisiger rus
in groen weivelde by die groot Ek Is
©Evanthe 2017
Junie 2019 Projek
1.Hernuwing
my winterskelet wat alleen teen ‘n vaal hemel staan
voel die sap van lewe deur harde knoetse gaan
in die skadu van God se kruis
word klipsteen klip van eeue — gruis
bevry my verskrompelde wortels om uit te spruit
verby die aardse te groei tot in ewigheid
verby die verlede se doodsvallei en vrees
bot nuwe bloeisels tot ‘n kleure fees
wat jubelend teen blou hemel uittroon
gister se grys raamwerk met groen gekroon
omarm die mossies wat in my takke woon
my blarekombers van koel lafenis
sprei ek wyd oor swerwers
wat soek na rus
Elroux (Evanthe Schunick)