Francois Tereblanch
BRONS klas
Julie – Oop en nuwe projek
Eervolle vermelding
ONTPLOFFING VAN VRYHEID
sonder om my letters
te kompenseer
het jy my sinne
soos ‘n epigraafgod
moeisaam gemoduleer –
reëls in vers gekomponeer
strofes gesinkopeer
deur ril-resoneer
maar, kyk!
daar
val
‘n
veer
my pen het met Vryheid gekopuleer
en sy rebelse ink oor blaaie
g e ë j a k u l e e r
Deur Francois Meyer
November 2017 – Oop projek
3.Konform
ek wil jou nie met ‘n soen smoor
of van jou somberheid beroof
maar eerder myself soos ‘n verbond
aan jou bloedessensie beloof
sonder om selfbewus te wonder
oor diefstal van ‘n hart se sonde
nes ‘n verslaafde wil ek my siel
in jou kongruente liggaam verloor
Francois Meyer
Desember 2017 – Kerviering projek
Eervolle vermelding
Kriphart Eervol
maak van my hart ‘n krip
waar U die liefde
van ‘n Verlossingskind
in kan sit
laat my soos ‘n kind glo;
aan rykdomme in my,
om my en van Bo
laat my wierook, goud en mirre
toegedraai in dankbaarheid wees,
want die grootste Kersgeskenk
is ook aan my gegee
Francois Meyer
September 2019 – Verplasings projek
1.Maria Magdalena
Mense ken my as ‘n hoer
en my suster dink ek’s mal.
“Sewe duiwels dans om my;
Here, ek het al weer geval.”
“Laat haar staan,” het Hy gesê,
“sy’t gekies om by My voete te lê.”
Hy het my opgetel en van vergifnis vertel.
My kruik het gekraak (soos my binneste)
en ek het vergeet om te vra
of hierdie sondaarshande
aan Iemand só heilig mag raak.
Die vlamme van my verlede
word met die reuk van nardusolie geblus
en ek vind rus met die kus van my hare
oor Sy gesalfde voete.
Sewe duiwels dans om my,
maar hulle wéét ek is nou vry.
Francois Meyer