Helena Mellett
Lees meer bydraes deur Helena Mellett
BRONS KLAS
Amakeia
3.Ndiyabulela Enkosi Amakeia
Uit die blou van onse hemel het die spiese neer gereën
en skree sy bloedstollend tot die kranse antwoord gee.
Deur die ver-verlate vlaktes het sy die kind saamgedra,
het sy die kleintjie en haar belofte in haar hart ge-abba.
Jou heldedaad is nou ‘n roepstem,’n les om by te baat;
jou woord was jou eer – Ndiyabulela Enkosi Amakeia.
@ Helena Mellett
Maart projek – Menseregte en morele wysheid
1.Nemer van lewens
wees my genadig
as jou lem teen my keel blink,
jy’s ‘n mens nes ek
(C) HMellet
2.Op een skaal
Menswaardig is jy
vry en gelyk kan ons wees
op dieselfde skaal.
(C) HMellet
Oktober 2020 – OOP projek
1.Stil geboorte
Ek en jy
ons; saam
sien hoe tyd verby gly
diep bewus van waar ons staan
ons; saam
gedwonge stom en doof
diep bewus van waar ons staan
van ’n moontlikheid beroof
gedwonge stom en doof
sien hoe tyd verby gly
van ’n moontlikheid beroof
ek en jy
©HMellet2020
Januarie 2021 Verwagting(s) projek
3.REËN OP MY PARADE
In die uur se draai
kry die dag effe kleur
en sien my oë al klaar
die son se sit
nog voor hy sy pens
agter die rand kan uit beur
voel ek hom dáár
skyn oor my elke stukkie mens,
maar in die uur se draai
het ’n wolk kom lê
oor die ontwakende son en my kop se sê,
want iemand het vir reën gebid
©HMellet2021
SILWERKLAS