Hermien Strumpher
Bronsklas
INK gedenkbundel – Desember 2016 en Januarie 2017 projek
3.Kolmanskop
Jou dorp lê in puin
jou stem van gister
weg gekwyn
gedaantes
sweef oor jou Maanlandskap
los vir jou diamantskimme
‘n verweerde nalatingskap
hoor jy die seewind vanaf Lüderitz
hy bring vir jou gesifte sand
jy word ingeloop
verskeur
deur die woestyn se hand
jou rykdom goedkoop verpand
nou brand dit koud in jou kaggelvuur
dis verby
jou laaste uur
Bouvallig staan jou koningryk
Jou doodsvonnis
uitgereik