Juanri
BRONSKLAS
JANUARI 2026 – NUWE BEGIN PROJEK
3.Nuwe kamers – groot word
Saterdag braai en rugby kyk
en later ma wat my leer stryk.
Net hier in my hart se binnekamers:
vir dít maak ek ruimte – vir niemand anders!
Daardie dae van wandel na kerk –
ma en pa en boetie
en ék…
Kaalvoet ry op die plaas se ou hek
en veldlangs galop op Blommie – my perd.
Dit alles sluit ek sonder skroom
om vir ewig in my hartskamers te bly woon.
Hier staan ek nou in ‘n kamer so vreemd…
en my stem klink hol en ek is alléén!
My kindertyd – vir ewig verby –
soos ‘n seepbel het dit deur my vingers gegly!
My geheue vang die paar oomblikke vas,
maar die onthou blý kwyn
in dit wat eens wás !
In my hart is daar ‘n nuwe kamer.
Is ek op die regte plek?
Kan ek nie maar terug
na die kind op die hek?
Juanri
APRIL 2026 – PATRIOTISME PROJEK
2.Trots Zuid-Afrikaans
Lande kruis en dwars gereis
Deur Suide, Oos en Noord
En telke male vind ek my
ek mis veral my huis…
Jou huis is waar jou hart is
en my hart is in mý land!
Zuid-Afrika my hart klop
sag op die maat van die polsslag in jou hand.
Jou melodie’s verslawend,
Jou Groot Vyf sing die bas,
Jou Erfenis sing die tenoor
En in jou Kaapse draaie roep die bosveldwinde sag
Trots Zuid-Afrikaners dans op witgekalkte Bloedgrond
Van Vryheids veg en Anglo oorloë
Die Exodus – die Groot Trek
Volksspele op die oorwiningskreet wat strome uit jou mond.
“Ons vir jou Suid-Afrika”
Die Langenhofen koor –
‘n man trots Suid-Afrikaans
Wat uit die blou van onse hemel sy stem nog steeds laat hoor!
Suid-Afrika jou melodie galm deur my wese
Geen katedraal van goud of Mona Lisa moment
Kan die lig wat jy op my pad bring ooit uitdoof!
“Trots Zuid-Afrikaans” bly ewigdeur my leuse!
*(Met eervolle vermelding aan C. J. Langehoven – “Die Stem van Suid-Afrika)
Juanri
MEI 2026 – OOP PROJEK
2.Vir pa
My knieë is laag gebuig vandag
want in my hart groei woorde sag
Mag U hom vashou waar hy nou is
en mag U vrede sy hart vanaand sus
Mag sy dag se sorge van sy rug afgly
en mag dit reën waar sy skape wei.
Stuur die engelekoor om saam met hom te sing
en mag waar hy loop net voorspoed bring!
Mag hy daai ou vellies onder sy bed instoot
en kaalvoet oor die grasperk loop.
Mag sy ore doof bly vir die bure se twis
en sy hart vry bly van die duiwel se lus.
Laat hom hoor wat U in die nanag fluister
En laat hom nie vrees vir sy oudag se duister
Mag hy steeds lig loop in sy strate van goud
En mag hy jonk voel…al is hy hoe oud…
Want hy laat my sterk voel
Al is ek hoe swak
Hy laat my lag
Na ‘n moeilike dag!
Hy is my pa, my vriend
my trots!
Here mag U sy hande nooit los!
Juanri Jansen van Rensburg
(2)