Pat Viljoen
BRONS KLAS
Julie 2018 – Oop projek
3.Jong oumens
Met ogies wat deur trane swem
is sy ‘n kleinmens met ‘n oumens stem
wat veel ouer as haar jaar vertel
“ek weet ek moenie, maar ek kan nie keer
ek ‘worrie’ oor almal se seer”
my hart wil haar hart bedek
as ek dink aan die wêreld en al sy onreg
sy is ‘n kind wat moet speel en baljaar
nie volwasse genoeg om hierdie laste te dra
hoe beskerm jy teen al die boos
watse woorde gebruik jy om te troos?
hierdie swaar belaaide jong oumens
is in jare maar net ses
©Pat cV
September 2018 – Spyse vir die siel projek
2.Waters van rus
Kom vat my hand en lei my
tot waar waters van rus
na my siel toe roep en ons sy aan sy
in vrede se stilte wroeging uit kan blus
lei my tot waar die piet my vrou
en die nagtegaal se melodie
my hart opnuut toevou
in die lewe se liefdes simfonie
kom stap langs oewers waar winde fluister
oor vergifnis en vrede en rus
en ons in stilte na Sy stem kan luister
totdat ek wegsink in vreugde se lafenis
en mag die donker wat alles omvou
vedwyn soos die vroeër oggend dou
(c) PcV