Jongste aktiwiteit:

Roeline van Schalkwyk
vir

Roeline van Schalkwyk

Lees meer oor Roeline van Schalkwyk

BRONSKLAS

September 2021 – Positiwiteits-projek

1.Beloftes van veldblomme

uitgeput is die winter
en die moegheid van grys
en die verleptheid van velde
behou die veldblomme ‘n belofte

soos die wind verse is
die sneeu ‘n voorgang
die reën ‘n refrein is

so is die blomknoppe die brug
en so vorm die fleurson ‘n lied
waar die aroma vrolik speel

neurie die veldblomme die belofte
en die varsheid van velde
en die lewenslus van groen
lustig is die lente

Roeline van Schalkwyk

2.lente

kleurvolle lente
rooigeel blomme in oorvloed
pers geur my vrolik
wit weerspieël my trane
in verliefdheid en vreugde

*Let wel dit is ‘n tanka gedig

Roeline van Schalkwyk

Oktober 2021 – Akrostiese projek

3.Sielsvreugde

ons is leeg
krom onder die stilte en
tog blaas die laaste lentegeure
oor ons afgeslotenheid en
beeldkleur
eensaamheid na
ryk sielsvreugde

Roeline van Schalkwyk




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed