Jongste aktiwiteit:

Taai Bonthuys
vir

Taai Bonthuys

Lees meer oor Taai Bonthuys

BRONSKLAS

Desember 2020 – OOP-projek

2.Hunkering

(Cantena Rondo)

In laaste strale van die dag
verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal
sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal
in laaste strale van die dag

verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal
kom sit hartsverlange sag in ‘n traan
weef beelde van onthou onder wakende oog van maan
verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal

kom sit hartsverlange sag in ‘n traan
my hart krimp ineen van dae waar tyd vergaan
verlangend na wie nou in stof voortbestaan
kom sit hartsverlange sag in ‘n traan

my hart krimp ineen van dae waar tyd vergaan
teer onthou my oë mooi herinnerings
geskep uit ‘n veelbewoë lewe met ontberings
my hart krimp ineen van dae waar tyd vergaan

teer onthou my oë mooi herinnerings
wyl vlonkerende sterre vir my knipoog en glimlag
iewers sing krieke hul kriekkesang sag
teer onthou my oë mooi herinnerings

wyl vlonkerende sterre vir my knipoog en glimlag
in laaste strale van die dag
onthou ek lewe se belowende mooi lag
wyl vlonkerende sterre vir my knipoog en glimlag

in laaste strale van die dag
verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal
sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal
in laaste strale van die dag.

©Taai Bonthuys




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed