Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Taai

Kleingelowig

Deur Datum gepubliseer: 24 September 2021 Hou van

(Snelsonnet)

As donker wolke hier om ons vergaar
en beloftes van reën saam met hul bring
hoe kan twyfel ons geloof so verdring
as ons beloftes van hoop so aanstaar

hoe kleingelowig is ons partymaal
as twyfel en wroeging in ons rondmaal.

© Taai Bonthuys

Die nagspook se kuier. (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 18 Julie 2021 2

(713 woorde)
Hierts! Jou nagspook! Soos ‘n vallende klip tref ek die gang se vloer met ‘n hik. Ek probeer paniekbevange my oë soos ‘n verkleurmannetjie rond te draai, terwyl my neus die vloer geselskap hou. Ek waag dit nie eers om asem te haal nie, nét vir ingeval. Na…

Ek en die internet. (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 15 Mei 2021 9

Woortelling: 350 woorde

“Oupa Gert! Johannes gaan staan groot-oog, uitasem binne die deuropening. “Wat was dit?”
Oupa plaas sy koppie hard langs die skootrekenaar neer en vryf vies die groter wordende nat koffiekol op sy hemp.
“Kom Oupa!”
“Ja, ja. Ek kom Johannes. My bene is nie meer so jonk nie.” Johannes…

Dinge gebeur in drieë … of nie. (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 21 Maart 2021 10

(Woordtelling: 1052)

Ek glo vas dinge (goed of sleg) gebeur altyd in drieë. Dis nie dat ek ‘n bygelowige persoon is nie, geensins nie, maar vandat ek kan onthou is dit asof ek altyd wag vir daardie derde ding om te gebeur, dan weet ek dit is oor en verby…

Hunkering

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2020 7

(Cantena Rondo)

In laaste strale van die dag
verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal
sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal
in laaste strale van die dag

verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal
kom sit hartsverlange sag in ‘n traan
weef beelde van onthou onder wakende oog…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 106 gaste aanlyn

Bydraes – Argief