Von Villon
BRONSKLAS
Oktober 20222 – Liriese projek
1.ek is die vers
op die ritme
seil my lag
die rym golf my liefde
oseane
onder die breek van dag
©VonVillon
November 2022 – OOP Projek
1.duur
geuiter teen die prys
eenmaal gehoor
vir altyd ongehoor
hoop op die
breek
van kettingringe
wat jou
op die terugpad
van vryheid stroop
ek sal in skuld
alleen
en arm loop
©VonVillon
3.het God gesê?
jy mag van geen boom eet nie
sy het getwyfel en hy daarna
nooit weer het drie
saam gewandel nie
verjaag, vervloek in doodse skadu
geklee in traneblos
haar pyn baar lewe, met haat vermoor
sy saad, leweloos in swart gebore
swoeg en sweet troos tydelik
die huil van hongerlied
onophoudelik, onversadigbaar
refrein van doodverstik
Ouerhart, getrou en sag
verhoog sy Lig en Waarheid
angellose donker dood
die Weg terug verlig met Hoop
©VonVillon
(3)