Jongste aktiwiteit:

Zebulon Kochk
vir

Zebulon Kochk

Lees meer oor Zebulon Kochk

BRONSKLAS

Januarie 2020 – OOP Projek

1.Geen grysliggenesing

Toe die oopgesperde
hemel
sagglinsterende sterre
buitesluit
en my
koningparadysvoël
(uit sy vlerkskild)
met dollevlug
sy luggesig
vaal okkult met
vasgemiste wolke.

het versperrende reën
se wintervioliere
my dryfysige hart
karig gevoed.

Zebulon Kochk

Maart 2020 – Triomfboog projek

1.Reisbeskrywing oor ‘n triomfboog

My geelvelvoël
toe jou sensasiepers bene
konstraste maak
met jou spierwit
rand se blinkvlerkspreeu
wat altyd skyn
in die dageraad.

wou ek nie meer na jou
met sieleleed verlang nie

Ook nie toe opwellende drifte
van gekelpte wolke
wat inmekaar flans
jou liggaam gryp nie,

of toe die toeërige hemel
mistig makriel
en natrossies
laat val
soos orrelklank nie.

Want
jou reisbeskrywíng
bo ñ triomfbóóg
het my hart geheel
met hereverering.

©Zebulon Kochk

2.Plesieroord

Ek moet meermale
háár Amerika besoek
want haar Amerika
is my Rome

Ek moet meermale
haar natril beelde begluur
oor haar kolosseum
se spuwende oë besin
waar haar glinsterarenas
nog lewenwelend glim

Ek moet die mooi triomfe
van haar troimfboë terhart neem
tot my Amsterdam se hoop
weer splinternuut val op heuwels

uit die baftablou Triomfboog
van onse segevierende Alwyse.

© Zebulon Kochk

Eerste POGING tot interteks
San Dreyer se gedig “Vergewe”

April 2020 – Grendel projek

1.Tuissitter

Terwyl ek agter geslote deure sit
en 21 dae die grendeltyd toedrentel
word die bloei van ons
jare weggeruk

maar
soos my stilte nat trane
op geribte bladsye sputter
snoer reën my mond
met klaviernote op my blaredak
want sy’t simpatie
vir die verlies van ñ tuissitter

en laat my hart se juigtoon
tierelier in ñ liefdesdroom.

© Zebulon Kochk

Februarie 2021 – Liefdes projek

2.Aan Freesia

Soveel as my lieflike hart kon verlang,
wil ek blomme in beddinkies vir haar uitplant
vérweg saam haar stap
op ‘n wydlopige blinkogiespad;
hand aan hand.

Zebulon Kochk
Zebbiekaans

SILWERKLAS

Mei 2021 – OOP Prjoek

2.Passieblomgedig

Lunar Trifecta

Ons is nou in die verliefraakstaduim
as ons mekaar sien
is daar ‘n onrustige ronddraai
in die kasse van ons oë
en trek ons wit skene bloedrooi

Dus wil ek met veelkleurige blomkwassies
haar skilder in sierlike geheel
waar sy op ‘n grasgroen blommeperk sit
voor populiere helder geel

maar sy vermy die dagligure

sodra die son daal agter die westerkim
wil sy eérder pieknieks hou
en ek, ek moet saam met haar staar
na die verligte skyfreis van ‘n vollemaan

maar vanaand onder die nagskade
vol maansirkels
wat kringe maak op die vloedgolwende see
waar sy onverwags inklots

sit ek (aan haar en dink)
tussen seerose op wier
en speel nou alleen klippiehink

ons was maar nog eers in die verliefraakstaduim
‘n kort liefdesbetrekking aangeknoop
tot sy daardie dag in die see loop.

Zebulon Kochk

Oktober 2021 – Akrostiese projek

1.Kaal werf

Overberg se boer wag
Kwynend vir die ryptyd van sy arbeid
Tog staan mielies steeds yl
Oestyd baie skraal
Brak tot in die wortelstok
En verskroeid na bowe
Rig hy nou sy gebed na God.

Zebulon Kochk

Februarie 2022 – Liefdesprojek

2.Skoonmaker

Liefling
dit is altyd jou blou oë
wat my web
jou staar ontwaak duisende
vlinders in my maag
en jou mooi lag
‘n skoon witborsel
wat al die stof van
spinnerakke
op my swaar hart afvee.

Zebulon Kochk

 

Maart 2023 – OOP projek

1.Droomeggo’s

Ek sien verby die

blom op my vensterbank

reëndruppels wat op

‘n wasgoedlyn hang

en ek begin verlang

na die wegslepende melodië

van voëls se louterklank.

 

Z.K

 

3.Lente simfonie

Waar die wind se rieldans

deur die blare swiep

en blomme swaai en buig

borrel vreugde ekstaties

op die soet-getinte klanke

van ‘n lentebries se lied

‘n wonderskone melodie.

 

Zebulon Kochk

Mei 2023 – OOP projek

1.Hou moed

Met ons gaan dit soms
soos ‘n groot klip deur ‘n tregter~
hoe dieper, hoe slegter
tog bly ons almal vegters
en ligvoets sal ons weer
dans deur die lewe.
 

Zebulon Kochk

 

2.Kaktuslewe

Dae dobber verby
Soos ‘n rivier uit sy gety
My lewe hang aan ‘n kaktus
Met kleurlose litdorings
Gepynig in gif
Maar my psige
Sien ‘n witomringde iris
Wat sweef soos ‘n duif.

Zebulon Kochk

 

 

(7)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed