Boemelaar
Boemelaar
Elke oggend staan jy op jou pos,
jou bordjie ‘n vrae na kos,
jou klere gehawend – verslete,
jou uiterlike tart my gewete.
Jou hoedjie sit vuil en skeef,
jou kombers geskeur – uitgeleef,
toiingrig jou baadjie,
in jou broek ‘n gaatjie.
Jou gesig ongeskeer,
jou hele bestaan vol verweer,
jou skoene vol gate,
los getrek al die nate.
Jou lippe beweeg,
‘n storie so leeg,
‘n debat op jou eie,
geen skare in die nabye.
Net ‘n klomp gesigte,
starend na die ligte,
robote agter glas,
pionne ons werkersklas.
So deel van die oggend verkeer,
raak bekommerd wanneer jy makeer,
soek my oë na jou bordjie vir kos,
wonder dan of jy is, of is jy verlos.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.