afdae
op pensioen
is daar ook afdae
dae waarop jy wil rus
rus van mense en dinge
waarop die pyne sag maak
jy nie lus voel vir bejammering
waarop jy stil wil word voor Hom
geen afleiding – geen ander prikkels
maak dit jou vreemd of kluisenaar
is jy dan ‘n anomalie van lewe
onverstaanbare buierige een
wie wil dan afdae beleef
teen stroom op wees
tussen mense
eensaam
wees
ek
anomalie
onverstaanbaar
kluisenaar
myself
is
©Teárlach
Nota: Depressie onder ouer mans kom nogal baie voor, veral nadat hul wederhelfte oorlede is.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.