Jongste aktiwiteit:

Kanker

“K”anker

Sluim’rend, slu sluip jou naam
tussen aarrooi en beenwit –
wagtend vir die liggaam
se swakheid … slaat jou kil
koue angel in die vlees.

Jy vra nie status, rang of graad…
praat nie prag of praal,
jou pad is dodelik, bedwelmend en ru –
dwing die grootstes op hul knie.

Baljaar jou weersinwekkende wete
in ‘n normaal denkende brein
en verong’luk normaliteit se krete
van geluk en los ‘n klein
verskrompelde wese van mens wees.

Skaad sy voorkoms en trots –
los ‘n skad’wee deurskynend en bros…




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed