Jongste aktiwiteit:

Eensame Swerwers

Eensame Swerwers
Winters wind…
rolbos, Swerwerskind –
hoe lank gaan my hart
nog saam met jou swerf
elke dag – alleen sterf?

Wie is die ware Swerwer?
Jy wat deur dowwe vensters huil,
aan stukkende skarniere pluk –
swiep en tussen nokke skuil,

ek wat vergeefs jou naam roep
en smart wat eggo –
wyl ek my hartslag tussen
sterre hang om ritmies
te flikker en te soek.

Vou jou weemoed om my skouers
en roer saggies deur my hare,
vee oor gisters se spore –
sing saggies jou treurliedjie
en wag saam met my ’n bietjie.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed