Konsentrasiekamp Simbool
Konsentrasiekamp Simbool
Bethulie 1899 – 1902
Mossiedos en Vaalpens sit
op die klip,
baljaar … wip sit,
wip-sit-glip
hul tussen bossie en tak,
bring hoop voor die oorlog end –
flikflooi op die stuiwer se blad
en sit prentjie mooi op die sent.
Vroue van geloof
sê : “Jesus sorg vir voëltjies” –
“Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie?
Nie een sal op die grond val sonder Sy wil nie”, het Hy beloof…
maak ‘n nessie naby kindertjies
vir hoop en geloof, bid ons op die knie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.