die grootste Kersgeskenk (SILWER)
onder ‘n groot groen boom met flikkerende liggies
kleurvol hul weerkaatsing op kindergesiggies
pryk geskenke keurig toegedraai
‘n kaleidoskoop van kleure
waaroor ieder gis en raai
maar
eens was daar ‘n moeder
wat aan die Redder lewe moes skenk
‘n babaseuntjie fraai
wie vir ons sonde moes sterf
sodat ons die ewige lewe kan erf
en Sy geboorte vreugdevol herdenk
…die grootste Kersgeskenk
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige werk.