Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

geraam (Goud)

die wolke hang skaars ‘n dagreis ver

 

dáár waar die slanke treurwilgers

lui swiep-en-teug

uit die dam waarlangs hul staan

en opslagboompies ‘n entjie verder

met alle mag beur

om ‘n erosiesloot te ontgroei

 

dáár nestel tweeling rotse langs mekaar

netjies, soos ‘n volronde boesem

en hul is soos die bome

…aardgebonde, maar vry…

want tussen hul statiese lê

en die bome se krakerige wieg is daar geen

verlore tyd om ooit in te haal nie

 

wanneer die skemer later skaam-skaam

‘n kelkie klink op die nad’rende nag

word dié tonele, na-betragtend beskou

netjies gedoek in die raam van my onthou

 

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed