kulemet
wat vinnig oppad korf toe vlieg
jou gezoem-zoem gevolg deur stakato
maak naderhand my gehoor dof van die plof
solank ek stil lê en geen profiel toon is ek reg
net een klein onbeplande armveeg of kopbeweging
kan my einde beteken of my so verraai dat ek sterf
kulemet in wie se hande dreun jy vandag so hard
is jy dalk in die snayper se akkurate hande
of net maar een van die voetsoldate
waar jy ookal vandaan kom
kulemet – masjiengeweer oekraiens
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek