[BRONS] ’n Vreemdeling in My Vel
’n Vreemdeling in My Vel
My oë kyk terug
in stilte—
elke weefsel in my skree pyn.
***
My drome is vas
in ’n greep van niks.
Ek is die spoor
van ’n vreemdeling.
***
My hande vreet my siel,
my asem draai soos graniet binne my.
Asof my longe
nie meer my liggaam ken nie.
Wie is ek
in die stilte van my skedel?
***
’n Sot wat eens bekend was,
val nou
in die skaduwees van ’n diepe kuil.
My murg en bene ween
’n naglied van drakoniese lig
en verlore self.
***
Elke hartklop
stomp, stamp en skeur
soos stormasem
deur gesplete vel.
Ek sien myself
in gemaskerde skakerings—
’n vreemdeling
in my eie gelaat.
***
Ek reik uit
met my eie hande,
maar hulle gryp na niks.
My siel verdwyn
tussen vel en gees.
Ek is hier
en tog ook nie—
***
’n oorlewende, verlore in my eie vel.
© Nicola Brown
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek