Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

[BRONS] ’n Vreemdeling in My Vel

’n Vreemdeling in My Vel

My oë kyk terug
in stilte—
elke weefsel in my skree pyn.

***

My drome is vas
in ’n greep van niks.
Ek is die spoor
van ’n vreemdeling.

***

My hande vreet my siel,
my asem draai soos graniet binne my.
Asof my longe
nie meer my liggaam ken nie.
Wie is ek
in die stilte van my skedel?

***

’n Sot wat eens bekend was,
val nou
in die skaduwees van ’n diepe kuil.
My murg en bene ween
’n naglied van drakoniese lig
en verlore self.

***

Elke hartklop
stomp, stamp en skeur
soos stormasem
deur gesplete vel.
Ek sien myself
in gemaskerde skakerings—
’n vreemdeling
in my eie gelaat.

***

Ek reik uit
met my eie hande,
maar hulle gryp na niks.
My siel verdwyn
tussen vel en gees.
Ek is hier
en tog ook nie—

***

’n oorlewende, verlore in my eie vel.

© Nicola Brown




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed