Jongste aktiwiteit:

[BRONS] Verswelg in Gebreekte Grafte

Verswelg in Gebreekte Grafte

In nag se hand word grafte oop,
gegroefde siele bloot gestroop.
Beendere van gebed en vlees,
word fyngemaal tot gif en gees.

***

Wat U Geheilig het as stof,
deur dwelm-duiwelsdrek verdof.
Nie honger dra dié donker spoor,
maar sonde sny die siel tot oor.

***

Waar Christus leef lê hoop en lig,
verswelg die Valgod sy ysterplig.
selfs die graf lê nie in spoor,
hoe kan die mens U wil aanhoor?

***

Waar gate grou, ysig koud,
van gebroke liggaam, jonk of oud.
Klein stem dobbel met ‘n nuwe soort,
hul siele verkrummel in grafsteen-oord —

HERE HELP!

***

© Nicola Brown




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak