Verbode Traan
Verbode traan
Wit en grys wolke vergader in die bloue ruim
Op die randjie van die rif sit n wolf dood stil
Sy oë strek ver oor die velde – lower groen
waar die vygies tussen rotse deur,
geel en pers paadjies blom
Die natuur so mooi maar soms ook wreed
Oorlewing is essensieel ons weet
Die wolf op die rif, dit is lower groen
Waar al die mooi meisies blom tussen die
rotsskeure deur ʼn verbode traan moet keer
Hoe kan hy so genadeloos wees
Om nog die onsigbare traan af te vee
ʼn traan verbode – niemand mag weet…
©MarietaCalitz[LadySoul]
2 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Interessant. Moes dit 'n tweede keer lees... Goed gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek